Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Gewilde operettes op Pta-verhoog gevier

Musiek uit gewilde operettes soos Die lustige Witwe, Can-Can, Der Zigeunerbaron en Die Fledermaus weerklink in die produksie Best of Operetta die naweek in die Brooklynteater in Pretoria.

Die sopraan Marina Botha-Spies.

“Dit is meestal operettes direk uit Oostenryk,” sê die sopraan Deirdré van Schalkwyk, wat saam met die sopraan Marina Botha-Spies, haar man, die tenoor Tinus Spies, en die bariton Douwe Bijkersma Vrydagaand en Sondagmiddag as lede van Salon Musiek die verhoog deel.

“Daar is ook besluit om van die vroeë Amerikaanse musiekteaterproduksies in te sluit wat later ook as rolprente uitgereik is. Dit sluit in Bitter Sweet en Show Boat.”

Willem Vogel, artistieke direkteur van die Brooklynteater, het die program saamgestel en die musikale verwerkings en regie behartig.

Elkeen van die soliste lewer solovertolkings sowel as ensemble-optredes.

“Ek het nog nooit voorheen enige van hierdie werke gesing nie. Dit is alles nuut vir my. Ek moes vinnig navorsing doen en alles vertaal. Min of meer ’n maand gelede het Willem die program gefinaliseer. Daar was drie repetisies en jy moet dit laat werk,” sê Van Schalkwyk.

“Ek is sedert einde 2016 weer by Salon Musiek betrokke nadat ek jare gelede by Salon Musiek gewerk het voordat die Brooklynteater bestaan het.”

Die verhoog bestaan uit ’n minimalistiese stel wat ’n Oostenrykse kafee uitbeeld. Die orkeslede is in die middel van die verhoog en die stel bestaan ook uit projeksies.

Musiek uit The New Moon, Maytime, en The Dancing Years, asook die lied “I’ll See You Again” uit Bitter Sweet is ook op die program.

* Vertonings is Vrydagaand om 19:00 en Sondag om 15:00. Kaartjies kos R120 tot R280.

Besoek ticketspace.co.za om te bespreek. Bel 012 460 6033 of stuur ’n e-pos na info@brooklyntheatre.co.za vir meer inligting.

Meer oor:  Deirdré Van Schalkwyk  |  Willem Vogel  |  Brooklynteater  |  Musiek  |  Teater  |  Operetta
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.