Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Gian Groen, Valiant hou konsert vir leë stoele

“Voor ’n volgepakte teater het Gian Groen en Valiant Swart gesing dat die biesies bewe – ’n teater volgepak met leë stoele.”

Gian Groen en Valiant Swart tree aanlyn in die ‘Konsert vir die leë stoele’ op wat in Die Boer-teaterrestaurant opgeneem is.

Margit Meyer-Rödenbeck, eienaar van Die Boer-teaterrestaurant in Durbanville, sê die twee troebadoers het nie omgegee dat al die stoele “voete in die lug” was nie. Dit was vir hulle net wonderlik om weer saam musiek te maak en herinneringe en stories te kon deel.

Dié aanlyn “Konsert vir die leë stoele” bevat net twee solo’s, “Sonvanger” en “Vier Seisoene Kind”, wat hulle op versoek van mekaar vir mekaar, die leë stoele en die aanlyn gehoor sing. Die res van die program kom uit hul onderskeie repertoriums en dié sing hulle saam, “want wat is lekkerder as saam musiek maak,” sê hulle.

Dit sluit in Gian se skeppings “Suikerbossie Sunset”, “Hoe lekker kry ek nou” en “Namibwoestyn”, asook “Donker pad”, “Sodom en Gemorra” en die immergroen “Mystic Boer” van Valiant.

Meyer-Rödenbeck sê hulle nooi kunstenaars vir die aanlyn konsertreeks en kies gewoonlik musikante wat goeie kombinasies vorm en interessant “verpak” kan word.

“Valiant het Die Boer op 20 April 2005 geopen en drie aande ’n volhuis gelok, en in Februarie vanjaar het Gian en Valiant saam opgetree – ons het dit toe Groen en Swart genoem.”

Die uitgangspunt vir die aanlyn konserte in Die Boer is die opneem van oorspronklike werk wat teater, komedie of musiek kan wees. Sy sê “baie kunstenaars sukkel regtig en nader ons. Dit verg fyn beplanning.”

  • Konsert vir die leë stoele kan van 30 Julie om 19:00 tot 4 Augustus om 19:00 gestroom word. Die kaartjies kos R100 en is beskikbaar by Webtickets.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.