Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
G’n virus keer vir Nataniël om platteland te vermaak

“Mense het my nodig om hul gemoed te lig,” sê Nataniël na aanleiding van drie vertonings wat hy die komende week op die platteland gee.

“Die koronavirus sal ons nie daar tref nie. Of hy gaan heel laaste daar aankom.”

Nataniël en Charl du Plessis in ’n kleedkamer voor een van hul vele vertonings.

Nataniël glo die virus is die aarde se manier om ons te verniel omdat ons hóm verniel. “Hy baklei terug. En as dit ’n ramp kos om ons te leer om higiënies te leef en ons te keer om gedurig aan ons gesig te vat, dan is dit nou só.”

Nataniël sê by teaters elders ter wêreld staan paramedici met koorsmeters by die deur om dié te keer wat tekens van koorsigheid toon.

“Ons gaan dit nie by ons konserte doen nie, maar as jy hoes, moet jy liewer by die huis bly en jou gesonde buurman vra wat ek in my show vertel het.”

Nataniël en Charl du Plessis, sy eksklusiewe pianis die afgelope 20 jaar, pak vandeesweek ’n “roadtrip” aan na Bethlehem, Heidelberg (Gauteng) en Amanzimtoti. Saam op die reis is ’n kattebak vol kostuums en ’n kop vol vertellings.

Dié drie optredes bestaan uit die kostelikste stories in sy onlangse produksies, soos Hoekom hulle swing waarmee hy pas op die Toyota US Woordfees gedebuteer het.

Nataniël sal ook sy nuutste boek bekend stel, Kyk na my, wat oor sy kinderjare gaan en vol pittighede is.

In die 33 jaar sedert dié enigmatiese kunstenaar die vermaakbedryf betree het, het hy sy sogenaamde “voetspoor” vergroot van verhoogkunstenaar na skrywer, stylikoon, sakeman motiveringspreker, advertensietrekpleister, TV-aanbieder en koskenner.

Du Plessis is ’n Steinway-kunstenaar met ’n sololoopbaan en die stigter van die Charl du Plessis Trio, wat ook in die buiteland optree.

Hier is hul reisprogram en telefoonnommers vir besprekings.

* 18 Maart om 19:00: Bethlehem, Hoërskool Voortrekker. 058 303 4006.

* 19 Maart om 19:00: Hoër Volkskool Heidelberg. 084 854 1897.

* 20 Maart om 19:00: Kuswag Hoërskool, Amanzimtoti. 031 903 5434.

Meer oor:  Nataniël  |  Teater  |  Optog!  |  Konsert  |  Musiek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.