Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Gordyn sak (weer) vir Gauteng Opera
Arnold Cloete, bedryfshoof by Gauteng Opera.

Ondanks meer as een keer wat Gauteng Opera sy sluiting kon verhoed, het dié instelling nou finaal sy deure gesluit.

Dié geselskap, wat vanjaar 20 jaar oud sou word, kon oplaas geldelik nie meer die mas op kom nie.

Dit is in 1999 deur Neels Hansen en Mimi Coertse as die Black Tie Ensemble gestig en dit het ’n platform gebied aan mense wat ’n loopbaan in opera wil volg.

Die geselskap het sy laaste konsert op 8 Desember aangebied.

“Ons het besluit dat ons eerder nou moet ophou, voordat ons ’n groot klomp skuld het,” sê Arnold Cloete, bedryfshoof by Gauteng Opera.

“Ek is dankbaar dat ons op ’n lekker noot kon afsluit, maar dinge was nie meer volhoubaar nie. Die sangers en personeel het verminder. Die maatskappy het al hoe kleiner geraak en ons kon nie meer voortgaan nie. Ons het die oudisies ook gekanselleer. Ons het gelukkig wonderlike konserte gehad en ons het goeie herinneringe wat ons sal bybly.”

Gauteng Opera het in 2018 ook sy sluiting aangekondig, waarna talle mense hul beursies oopgemaak het en die geselskap nog langer kon optree.

Classic FM het ook ’n veldtog van stapel gestuur ten bate van Gauteng Opera.

“Daar is R380 000 sodoende ingesamel,” sê Cloete. “Dit was verblydend om te sien dat soveel mense belangstel en dit wil ondersteun. Ongelukkig was dit net nie volhoubaar nie. Daar was ’n hele paar moontlikhede vanjaar in terme van konserte. Ons het selfs aan ’n gala gedink om die 20 jaar te vier, maar ons het besluit ons kan nie mense aan ’n lyntjie hou nie. Ons het in Desember besluit om eers te kyk of sake verbeter voordat ons enigiets vir 2019 bevestig.”

Die vorige jaar het mense ook ingespring toe Gauteng Opera in die rooi was en meer as R300 000 is ingesamel.

Die geselskap het sangers soos Vuyani Mlinde, Thabiso Masemene, Goitsemang Lehobye, Caroline Nkwe, Khayakazi Madlala, Owen Metsileng, Martin Mkhize en Chuma Sijeqa opgelewer.

“Ek het wonderlike mense ontmoet en goeie vriende gemaak gedurende my tyd by Gauteng Opera,” sê Cloete. “Ek is dankbaar vir al die werk wat ons kon aanbied en dankbaar teenoor diegene wat ons so goed ondersteun het.”

Meer oor:  Musiek  |  Opera
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.