Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Grammy-pryse: Wie gaan triomfeer?

Die 62ste Grammy-toekenningsaand Sondag mag dalk ’n goeie een vir die Amerikaanse sanger en liedjieskrywer Billie Eilish (18) wees.

Talle media voorspel sy sal in verskeie kategorieë met die louere wegstap.

Billie Eilish

Sy is wel nie almal se eerste keuse nie.

Lizzo spog met die meeste benoemings. Haar agt benoemings sluit beste nuweling en album van die jaar in.

Eilish en Lil Nas X het elkeen ses benoemings ontvang, terwyl Ariana Grande vyf opgeraap het.

Ariana Grande

Entertainment Tonight voorspel Eilish gaan as beste nuweling aangewys en die Grammy vir beste lied van die jaar met “Bad Guy” wen.

Hulle reken egter Lizzo se “Truth Hurts” of Taylor Swift se “Lover” is meer verdienstelike wenners.

Netso skaar Entertainment Tonight en Cleveland.com hulle by Lil Nas X as beste nuweling.

Lizzo

USA Today glo Eilish sal en moet as beste nuweling aangewys word.

Cleveland.com voorspel Swift gaan met “Lover” Lied van die jaar wen, maar glo eerder Lizzo se “Truth Hurts” moet wen.

USA Today voorspel dat Lizzo sal wen, maar reken Lana del Rey se liedjie “Norman F*cking Rockwell” moet eerder wen.

Lil Nas X

Die skaal kantel ook in Eilish se guns vir beste album van die jaar, maar Cleveland.com sowel as Entertainment Tonight glo Ariana Grande verdien dié prys met Thank U, Next.

Die sanger en liedjieskrywer Alicia Keys sal weer as gasvrou optree.

Verskeie benoemdes soos Lizzo, Eilis en Grande sal ook optree.

Demi Lovato sal vir die eerste keer sedert haar oordosis in 2018 weer by ’n groot geleentheid optree.

Ander kunstenaars is Gwen Stefani en Blake Shelton, wat vir die eerste keer as ’n paartjie die verhoog gaan deel, en Camila Cabello, die Jonas Brothers, Aerosmith, Run-DMC, Bonnie Raitt, Rosalía, H.E.R., Charlie Wilson en Tyler, the Creator.

Bronne: Entertainment Tonight, Cleveland.com en USA Today

Meer oor:  Taylor Swift  |  Lizzo  |  Billie Eilish  |  Ariana Grande  |  Lil Nas X  |  Musiek  |  Grammys
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.