Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
‘Grensloos’ in Jhb aangebied

Die sanger Coenie de Villiers voel geïntimideer om die verhoog met “die beste Phantom in die wêreld” in die musiekkonsert Grensloos vandeesmaand in Johannesburg te deel.

De Villiers sing en speel klavier saam met die sanger André Schwartz, bekend om sy rol in die musiekspel The Phantom of the Opera.

Coenie de Villiers en André Schwartz
Coenie de Viliers en André Schwartz in 'Grensloos'.
Coenie de Villiers

Die Britse komponis en skepper van dié musiekspel, Andrew Lloyd Webber, het voorheen gesê Schwartz het dié hoofrol die beste tot nog toe vertolk.

André Schwartz

“André rol net sy oë as ek dit sê, maar Andrew Lloyd Webber het hom die beste een genoem,” sê De Villiers.

Grensloos word van 24 tot 26 Januarie in die Pieter Toerienteater in Montecasino in Johannesburg aangebied.

“Die materiaal is baie introspektief. Die repertoire is beslis vir my ’n uitdaging.”

Grensloos is verlede jaar die eerste keer in Pretoria en daarna in Kaapstad opgevoer.

“En om André te sien klavier speel . . . Ons het met die eerste vertoning twee staande toejuigings gekry en een agterna. Ons was voor die tyd baie bang, maar dit lyk my mense vind regtig aanklank daarby.”

Die konsert bestaan uit drie dele: Een uit Schwartz se werk, een uit De Villiers se werk en nog ’n deel waarin hulle musiek uitvoer wat hulle nog nooit voorheen het nie.

Bekende treffers van De Villiers en Schwartz is ingesluit, maar die liedjie “Ek wil jou nooit weer sien” word in ’n ander styl opgevoer.

Die gehoor in ’n vorige vertoning het die liedjies eers herken sowat 40 sekondes nadat dit begin het.

“En André kan nie ’n konsert sonder ‘Music of the Night’ hou nie,” sê De Villiers oor dié groot treffer uit The Phantom of the Opera.

Die twee sangers werk hard aan die konsert, maar hulle werk lekker saam en lag baie.

“Die lewe is grensloos,” sê De Villiers.

“Jy is armer as jy jouself inperk. Jy sing teen die donker.”

* Die vertonings is op 24 en 25 Januarie om 20:00 en op 26 Januarie om 15:00. Kaartjies kos R100 tot R250. Bespreek by Computicket.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.