Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Groot name hou konsert vir Sammy Webber

Groot name in die Kaapstadse musiekkringe steek ’n hand uit om Sammy Webber (58) te help. Webber se naam is sinoniem met jazz in Kaapstad en sy kitaarspel is al as meesterlik beskryf.

Sammy Webber

Sewe jaar gelede het sklerose hom grootliks van sy sig en sy gesondheid in die algemeen beroof. Hy loop met ’n kierie en van optree is daar min sprake

Om hom met sy doktersrekeninge te help, bied ’n groep musikante ’n konsert aan om hom geldelik by te staan. Songs for Sammy – A tribute to Sammy Webber word op 19 Oktober in die Kunstekaap-teater gehou. Alistair Izobell is die vervaardiger en Camillo Lombard die musiekregisseur. Kunstenaars wat reeds gesê het dat hulle gaan optree, is Richard Ceasar, Lorendo Brown, Karin Kortjé, Donveno Prins, Jonathan Rubain, Elwira Standili, Carmen Xclusive, Robin Pieters, Ian Smith, Glenn Robertson, Angelo Syster en Frank Paco.

Izobell sê in ’n mediaverklaring dat dit noodsaaklik is dat kunstenaars wat nou suksesvol is dié huldig wat die pad vir hulle plavei het. Hy sê Webber is ’n ikoon in die plaaslike musiekbedryf.

Webber sê hy het nie geweet wat die siekte presies behels nie. Hy het geglo hy sal weer optree, maar dit raak moeiliker om plekke te kry waar hy kan speel.

Hy wil nog graag sy derde CD opneem en hy het reeds ’n paar stukke opgeneem saam met Lyle Cyster (kitaar), Dylan Roman (klawerbord), Jason Ward (tromme) Didier Richards (saxofoon) en Donveno Prins (saxofoon). Al die musiek is sy eie komposisies. Sy vorige twee albums was Happy to Be ... en I never thought ...

Webber woon steeeds in Retreat waar hy groot geword het. Hy het sy eerste kitaar eers in matriek gekry. Dit was ironies genoeg die leier van ’n bende wat hom leer kitaar speel het. Hy wou egter nie ’n bendelid bly nie. Hy het by die orkes Venom aangesluit. Sy grootste deurbraak het gekom toe hy by Ian Smith, Frank Paco en Andrew Ford in die groep VJR begin speeel het.

Een van Webber se grootste treffers is “Dreams Fulfilled”.

Kaartjies vir die konsert kos R250. Bespreek by Computicket, Shoprite, Checkers of die Kunstekaap-loket.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.