
Francois van Coke Foto: Deon Raath
Wou jy nog altyd Valiant Swart uitvra oor liedjieskryf, Hunter Kennedy oor verhoogoptredes of begeer jy om by Schalk Joubert wenke oor baskitaarspel te kry?
Dit gaan jy nou aanlyn kan doen.
’n Groep entrepreneuriese musikante het die aanlyn platform www.bandwith.pro geskep waarop belangstellendes by kenners kan kers opsteek.
Danie du Toit van Spoegwolf en Jedd Kossew
en Richard Onraet is ook deel van die groep. Kossew en Onraet kan amateurs leer hoe om Francois van Coke se liedjies te speel.

Schalk Joubert
Luidens die persverklaring is die doel nie om aanlyn musieklesse te gee nie. Dit is eerder ’n middel om “belangstellendes te inspireer, net soos om insette van ’n
Olimpiese atleet te kry al is jy net ’n beginner”.
Die musikante op die platform het “gesamentlik meer as 30 000 vertonings gegee, meer as 500 CD’s opgeneem en party het met internasionale sterre soos Bob Dylan, Bo Diddley en Chuck Berry tot Cindi Lauper, George Benson en die Crash Test Dummies opgetree”.
Van die musikante is ook orkeslede op die
TV-program Republiek van Zoid Afrika, wat ’n allemintige 36 liedjies in die eerste plek op iTunes se plaaslike trefferparade opgelewer het.
Aanlyn sessies van 40 minute word wel gegee vir belangstellendes wat nie toegang tot goeie leermeesters het nie of ekstra lesse wil hê. Een sessie kos R250.
Stuur navrae na info@bandwith.pro of besoek www.bandwith.pro.