Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Helikopter, handsakke by Afrikaans is Groot

Byna 27 000 mense sal van Donderdag die jaarlikse Afrikaans is Groot-musiekkonserte in Kaapstad bywoon. Diegene wat so gelukkig was om kaartjies te kry, kan uitsien na ’n selfs groter konsert vanjaar.

Johan Venter, bemarkingsbestuurder van Afrikaans is Groot (AIG), sê ’n helikopter sal die naweek saam met die kunstenaars op die verhoog pryk.

Venter wou nie uitbrei oor die kunstenaar(s) of liedjies waarby die helikopter betrek word nie, maar sê belowe dat dit ’n skouspelagtige vertoning gaan wees.

Die kaartjies vir die vertonings in Kaapstad het so goed verkoop dat die organiseerders ’n ekstra vertoning vir Donderdagaand gereël het. Venter sê nog net enkele kaartjies is vir dié vertoning beskikbaar.

Die konserte word op 14, 15, 16 en 17 Maart in die Grand Arena in GrandWest-casino en vermaaklikheidskompleks in Goodwood aangebied. Dit is vanjaar die sesde keer dat Afrikaans is Groot in Kaapstad aangebied word.

Van die grootste name in Afrikaanse musiek, soos Steve Hofmeyr, Snotkop, Bobby van Jaarsveld, Juanita du Plessis, Karlien van Jaarsveld, Elvis Blue, Jay du Plessis, Corlea Botha, Dewald Wasserfall en Riana Nel gaan optree.

Elvis Blue

Vroue wat die konserte bywoon, sal ook die geleentheid kry om die Afrikaanse sangeres Corlea Botha se genadesak-projek  te steun, sê Venter.

“Corlea moedig vroue aan om ’n ou of nuwe handsak saam te bring na die konsert, gevul met toiletware, grimering, of enige ander items wat hulle wil skenk aan vroue wat uit gewelddadige verhoudings ontsnap het,” sê Venter.

Vroue sal dié handsakke by die konsert in bokse in die voorportaal los.

Die bekende Afrikaanse sangeres Juanita du Plessis sal in dié reeks vertonings in Kaapstad te sien wees, maar sy neem daarna ’n blaaskans 

“Ons respekteer haar besluit, en ons hoop sy sal weer in 2020 deel van die program wees,” sê Venter.

Die konserte wat die naweek plaasvind, is steeds deel van 2018 se konsertreeks. Die konsertreeks vir 2019 begin in November in Pretoria.

Die kaartjies vir die vertonings in Kaapstad is teen Dinsdagmiddag uitverkoop. “Vir die eerste keer ooit is al die konserte in die Kaap vol,” sê Venter.

“Ons is baie dankbaar vir die ondersteuning van die Kapenaars,” sê Barry Pretorius, die regisseur van die konsertreeks. “Nä agt jaar is ons uitverkoop, en dit is ongeëwenaard vir Afrikaans is Groot.”

Meer oor:  Corlea Botha  |  Laurika Rauch  |  Afrikaans Is Groot  |  Kaapstad  |  Konsert
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.