Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Hugh Masekela-fees in Soweto-teater
Hugh Masekela

Die vyfde Hugh Masekela-erfenisfees bied ’n platform aan Suid-Afrikaners om hul veelsydigheid te vier, eerder as om net stereotipes raak te sien.

So sê Mabusha Masekela, feesorganiseerder en neef van Masekela, ontslape trompetspeler en erfenisaktivis.

Die fees – die eerste sedert Masekela se dood verlede jaar – word Saterdag in die Soweto-amfiteater aangebied.

Dit fokus onder meer op die voortsetting van Masekela se nalatenskap.

“Dit is ook ’n viering van sy lewe en sy musiekloopbaan wat oor meer as ses dekades gestrek het,” sê Masekela.

“Hy sou vanjaar 80 jaar oud gewees het.”

Thandiswa Mazwai tree op saam met Masekela se laaste orkes wat saam met hom getoer het.

Hugh Masekela sou vanjaar 80 jaar oud geword het.

Mazwai het op hoërskool in haar skoolkoor die eerste keer saam met Masekela opgetree.

Nog kunstenaars op die program is Sjava, Sipho (Hotstix) Mabuse, Madala Kunene, Thabang Tabane, Bombshelter Beast, Sun Xa Experiment, Luma en die BaTswana-dans-ensemble New Moon.

“Die fees belig Bra Hugh se veelsydigheid as musikant en vier verskillende style musiek,” sê Masekela.

“Sedert die fees die eerste keer gehou is, het uiteenlopende sangers soos Beatenberg, Josie Field en Laurie Levine dié musiekspektrum gevul.”

Buiten die musiek word die uitstalling Hugh Masekela No Borders ook by die teater aangebied. Dit bestaan uit memorabilia, albums, opnames, trompette en foto’s uit Masekela se lewe en loopbaan.

Die fees word voorafgegaan deur die Hugh Masekela-gedenklesing wat Vrydag om 19:00 in die Soweto-teater deur dr. Lindelwa Dalamba aangebied word.

Dalamba, ’n dosent aan die Universiteit van die Witwatersrand se musiekdepartement en ’n historikus wat op Suid-Afrikaanse jazz fokus, bespreek Masekela se album Colonial Man.

* Die hekke na die teater se terrein, ook met ’n amfiteater, maak Saterdag om 12:00 oop. Kaartjies kos R200 as jy bespreek, en R250 by die hekke. Pensioenarisse betaal R50 en kinders jonger as ses jaar het gratis toegang. Besoek xtixs.com om te bespreek.

Meer oor:  Soweto  |  Hulde  |  Konsert  |  Hugh Masekela
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.