Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Hulde aan orrelis en musikoloog Jacobus Kloppers

Jacobus Kloppers, ’n orrelis en musikoloog wat in die 1970’s ’n musiekdosent aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) was, is tot 5 September ’n resident aan die Odeion Skool vir Musiek (OSM) in Bloemfontein.

Joachim Segger en Marnie Giesbrecht-Segger, wat ’n bydrae tot ’n boek oor die Suid-Afrikaans gebore Jacobus Kloppers lewer. Hulle tree ook as die Duo Majoya op.

Die doel is sy beskikbaarheid vir onderhoude deur skrywers wat bydraes tot ’n publikasie oor sy lewe en werk sal lewer.

’n Orreluitvoering, Huldeblyk aan Kloppers, sal ook in die verblyftyd aangebied word.

Die UV het in 2011 ’n projek begin om ’n volledige versameling van Kloppers se werk te bekom, wat ook die nuwe publikasie sal insluit.

Martina Viljoen van die OSM is die redakteur van die boek waarvoor plaaslike en oorsese skrywers bydraes lewer.

Die skrywers verbonde aan die OSM is Eljee du Plooy, Nicol Viljoen, Jan Beukes, Luzanne Eigelaar, Matildie Thom Wium en Martina Viljoen. Izak Grové van die Universiteit Stellenbosch sal ook ’n bydrae lewer.

Die oorsese skrywers is Marnie Giesbrecht-Segger (University of Alberta), Joachim Segger en Charles Stolte (albei van die King’s University College in Edmonton, Kanada).

Kloppers is in 1937 in Krugersdorp gebore en het sy doktorsgraad in 1966 in Frankfurt, Duitsland, verwerf.

In die helfte van die 1970’s het hy en sy gesin van die Vrystaat na Kanada geëmigreer waar hy spoedig ’n aanstelling aan die King’s University College in Edmonton gekry het, en waar hy in 2008 afgetree het.

In dié tyd het hy internasionaal bekend geword as komponis, orrelis en musikoloog en is hy ook as adjunkprofessor aan die University of Alberta aangestel. Daarby is hy ’n eregenoot van die Kanadese Musieksentrum en ’n lid van die Kanadese League of Composers.

Verskeie orreliste sal komposisies van Kloppers in die huldeblykkonsert speel, onder meer Chorale Preludes on Ps 23, Jesu meine Zuversicht, Partita on In Dulci Jubilo en How Lovely Are Your Dwellings vir koor, orrel en fluit.

* 31 Augustus om 19:30 in die Geloofsentrum, voorheen die NG kerk Universitas in Bloemfontein.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.