Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Hulle maak musiek by Mej. SA se kroning
Mi Casa

Sho Madjozi, Mi Casa en Jimmy Nevis, van Suid-Afrika se bekendste kunstenaars, gaan vanjaar optree op die kroningsgeleentheid van Mej. SA op 24 Oktober.

Benewens dié groot name sal Ami Faku en Sun-El Musician kykers vermaak waar hulle in hul sitkamers kan deel in die glans van die aand.

Sho Madjozi

Die geleentheid vind vir die eerste keer in Kaapstad plaas in die Table Bay-hotel in die Waterfront, en word regstreeks op TV en op die internet uitgesaai.

Van die kunstenaars sal op die verhoog optree, terwyl ander optredes van elders uitgesaai word of vooraf opgeneem is.

Verskeie dele van die aand se program is ook vooraf verfilm en sal deel uitmaak van die aand se program op die uitsending.

Vir twee van die kunstenaars is dit nie hul eerste keer op die Mej. SA-verhoog nie – Mi Casa het in 2014 opgetree tydens die Sun City-finale toe Rolene Strauss die kroon gedra het, en Sho Madjozi het die skare verlede jaar op Time Square vermaak toe Zozibini Tunzi geseëvier het.

Die Mi Casa-trio, Dr Duda (klavier), J’Something (sang en kitaar) en Mo-T (trompet), sal hul nuutste liedjie, “Mamela”, speel.

J’Something onthou hul optrede by Mej. SA ses jaar gelede: “Ek sal daardie dag nooit vergeet nie. Ek was meer senuweeagtig as die deelnemers. Dit was ’n oomblik wat ek nooit vergeet het nie en om terug te wees, is ’n seën.

“Om skoonheid te vier, gaan ons ’n splinternuwe enkelsnit, ‘Mamela’, opvoer. Dit is my gunstelingliedjie saam met Mi Casa.”

Jimmy Nevis

Kaartjies vir die regstreekse uitsending is nou te koop en kos R99,99, BTW uitgesluit. Dit sluit in ’n voorprogram, aanlyn-uitsending van die kompetisie en finale, die geleentheid om te sien wat agter die verhoog gebeur tydens die geleentheid en ’n onderhoud met die wenner van die Mej. SA-kompetisie. Besoek hul webwerf https://www.misssa.co.za/

Die toptien-finaliste is: Shudufhadzo Musida (24, Limpopo), Jordan van der Vyver (25, Wes-Kaap), Aphelele Mbiyo (24, Oos-Kaap), Lebogang Mahlangu (24), Busisiwe Mmotla (27), Chantelle Pretorius (24), Natasha Joubert (23, almal Gauteng), Thato Mosehle (23, Noordwes), Melissa Nayimuli (24, Oos-Kaap) en Karishma Ramdev (25, KwaZulu-Natal).

Die topdrie-deelnemers sal die land verteenwoordig by die wêreld se drie mees gesogte skoonheidskompetisies: Mej. Wêreld, Mej. Heelal en Mej. Supranasionaal. Dit is die eerste jaar dat die Mej. SA-organisasie ’n verteenwoordiger na Mej. Supranasionaal stuur.

Meer oor:  Sho Madjozi  |  Mi Casa  |  Jimmy Nevis  |  Musiek  |  Kroningsplegtigheid  |  Sa  |  Vermaak  |  Mej
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.