Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Hy kon nie glo wat uit Gé se mond kom, sê André

Die sanger André Schwartz was maar 13 of 14 jaar oud toe hy Gé Korsten vir die eerste keer in lewende lywe hoor sing het.

Tot vandag toe onthou hy watter indruk hierdie formidabele sanger op hom gemaak het en min het hy geweet dat hy nou, 20 jaar ná Korsten se dood, in ’n spesiale huldeblyk-konsert saam met ander bekende sangers soos Arina de Witt en Jannie Moolman vir Gé sou sing.

Jannie Moolman en André Schwartz tree albei Sondag in Gé sing: Hoor my lied in die Sun Arena op.

“Ek was in st. 6 en is genooi om in die TV-program Kraaines te sing.

“Gé was ook daar en as jong seun was ek weggeblaas en ek kon eenvoudig nie die klank glo wat uit die sanger se mond gekom het nie.

“Hy het die liedjie ‘Seeman’ gesing en ek was in vervoering,” sê Schwartz.

Later jare, toe Schwartz een van die platemaatskappy Decibel se sangers was, het hy weer ’n paar keer saam met Gé gewerk.

“Gé het ’n wonderlike aura gehad en alles omtrent hom was groot en sterk,“ sê André.

“Hy was een van daardie mense wat as hy in ’n vertrek gestap het, almal dit geweet het. Hy was lewensgroot,” sê André.

In die konsert Gé sing: Hoor my lied sing Schwartz onder meer die gewilde “Music of the Night” deur Andrew Lloyd Webber.

“Ek sing hierdie lied omdat ek regtig so graag wou hê dat Gé dit moes hoor, want sy mening het vir my baie saak gemaak. Ons het ’n wêreldklas-sanger verloor die dag toe Gé Korsten dood is,” sê Schwartz.

Die produksie word Sondag om 15:00 in die Sun Arena @ Time Square aangebied.

Besprekings kan by Compu­ticket gedoen word of deur 0861 915 8000 te bel.

Meer oor:  Gé Korsten  |  André Schwartz  |  Musiek  |  Vermaak
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.