Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Ikoniese ‘Pata Pata’ waarsku nou oor aanraking
Miriam MakebaFoto: City Press

Lank ná haar dood is Mama Afrika, oftewel Miriam Makeba, se bekende “Pata Pata” ’n reddende genade vir Afrika, wat ook onder die aanslag van die koronavirus gebuk gaan.

“Pata Pata”, Xhosa vir vat-vat of raak-raak, het nuwe lirieke gekry sodat die boodskap oor Covid-19 op ’n toeganklike manier aan kwesbare gemeenskappe oorgedra kan word.

Die nuwe weergawe, gesing deur die Beniniese Angélique Kidjo, sluit woorde in soos “ons moet ons hande skoon hou, so geen pata pata . . . moenie aan jou gesig vat, hou ’n afstand tussen jou en ander en geen pata pata”.

Van 23 April sal die lied op meer as 15 radiostasies in Afrikalande gespeel word, sê James Elder, woordvoerder van die Verenigde Nasies se Kinderfonds (Unicef).

“In Afrika is dit steeds bitter moeilik om inligting oor te dra aan mense in die mees afgeleë dele of dié sonder internet. In sulke situasies is die radio elke keer ’n wenner.”

Angélique Kidjo

Volgens Reuters behoort “Pata Pata”, wat genoem is na ’n dans van die 1960’s, sommer ook vreugde te verskaf.

Makeba het ’n groot rol gespeel om musiek van Afrika wêreldwyd bekend te maak en is daarvoor met ’n Grammy vereer.

Sy was ’n goeie vriendin en mentor vir Kidjo, wat die afgelope dekade een van Afrika se glanspersoonlikhede en ’n Unicef-ambassadeur is. Sy het uit haar huis laat weet “Pata Pata” was altyd daar vir mense in ’n moeilike tyd “en ek hoop ons kan nou weer ’n slag dans, al is ons ingeperk”. – Reuters

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.