Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Il Divo kom koer weer in November
Die internasionale supergroep Il Divo. Foto: Sony Music

Die internasionale groep Il Divo kom in November in Suid-Afrika optree as deel van hul wêreldwye toer om hul 15de bestaansjaar te vier.

Die groep bestaan uit Urs Buhler, Sebastien Izambard, Carlos Marin en David Miller. Hulle het in 2003 wêreldberoemd geword nadat Simon Cowell van X-faktor-faam vier sangers gesoek het om ’n vars klank na die wêreldverhoog te bring.

“Dit is nie die eerste keer dat ons in Suid-Afrika optree nie. Die eerste keer was in 2007 toe ons in Kaapstad, Sun City en Johannesburg opgetree het en die tweede keer was in 2012 in Johannesburg en Kaapstad,” sê David Miller, een van die groepslede.

Hy onthou ons land as ’n plek met wonderlike gehore en hulle sien daarna uit om weer vir Suid-Afrikaners te sing.

Die groep het al meer as 30 miljoen albums verkoop en 160 goue en platinumpryse in 33 lande ontvang. Van hul grootste treffers sluit in Italiaanse weergawes van Unbreak My Heart (Regresa a mi), I Don’t Want To Lose You (Si voy a perderte) en I Believe In You (je Crois en toi).

“Op hierdie toer gaan ons baie liedjies van ons nuwe album Timeless sing, wat een ikoniese lied van elke dekade sedert 1930 insluit. Ons gaan ook baie van ons klassieke gunstelinge sing, asook ’n paar solonommers deur elkeen,” sê Miller.

Die lede van die sanggroep Il Divo wat November hier optree.

Vyftien jaar is ’n lang tyd vir enige groep om voort te bestaan en daarop sê Miller dat hulle dryfkrag hul enigste redding was, en natuurlik ook ’n goeie skeut humor daarby.

“Ons is mal daaroor om deur die wêreld te reis, ons hou van ons gehore en daar is niks wat daarby kom soos om ’n goeie produksie aanmekaar te sit en dit vir mense te bied nie,” sê Miller.

Volgens hom is die groepdinamika nooit staties nie en daar is altyd opwinding tussen hulle. Die lewe as wêreldreisiger het baie uitdagings en hulle moet altyd let op eenvoudige goed soos genoeg slaap en water. Daar is soveel aspekte wat hul optredes kan beïnvloed, sê Miller.

“Maar gelukkig het ons almal ’n baie goeie sin vir humor en ons kyk altyd uit vir mekaar.”

Die genooide kunstenaars by hul Suid-Afrikaanse optredes sluit in Zolani Mahola, die hoofsanger van Freshlyground, en Tarryn Lamb, voormalige lid van die groep Blackbyrd en aktrise in die sepie Suidooster. Die Nederlandse kinderster en Holland’s Got Talent-wenner Amira sal ook optree.

Suid-Afrika is die enigste land in Afrika waar die groep optree. Konserte word in Pretoria en Kaapstad gehou. Die vertonings is op 9 en 10 November in Pretoria se Sun Arena en 13 November in Kaapstad se Grand Arena (GrandWest Casino.) FNB is die borg van die vertoning.

Bly op hoogte van die jongste nuus op Facebook, Twitter en Instagram. Kaartjies is by Computicket, Shoprite/Checkers en House & Home beskikbaar of bel 0861 9150 8000.

Meer oor:  Musiek  |  Sangers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.