Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Internasionale kamermusiekfees gaan voort

Die ratte draai vir ’n konvensionele aanbieding van die 17de Stellenbosch Internasionale Kamermusiekfees in Julie en Augustus vanjaar, ondanks onsekerheid oor die uitwerking van die koronaviruspandemie en die verkryging van ’n entstof vir Suid-Afrika.

Die fees word van 26 Julie tot 4 Augustus in die universiteitkonservatorium in Stellenbosch gehou. Verlede jaar is die 17de fees weens die inperkingsregulasies afgestel.

Peter Martens, feesdirekteur, is egter vol vertroue dat dit vanjaar sal plaasvind, maar sê nietemin hulle beplan vir “die beste en slegste scenario”. Hulle beloof om alle inskrywingsgeld terug te betaal indien die fees nie plaasvind nie.

Intussen het kandidate tot 14 Mei tyd om hulle vir dié topgeleentheid in klassieke musiek in die land in te skryf.

Die fees bestaan uit meesterklasse, lesings, orkesrepetisies en konserte deur toonaangewende musici van oor die wêreld heen.

280 jong musici van 12 tot 28 jaar word vir die fees aanvaar. Die minimum vlak vir instrumentaliste is gr. 6 terwyl die vereiste vir dirigent-kandidate universiteitstandaard is.

Alle instrumentaliste buiten pianiste sal in ’n orkes ingedeel word wat op grond van ’n oudisie-opname bepaal sal word.

Aansoekers vir beurse sal op 11 Mei verwittig word of hul aansoek geslaag was.

Die aansoekvorm, asook inligting oor die aanbieders en die program, verskyn op die webwerf www.sicmf.co.za.

Ontbrekende inligting sal mettertyd hier bekend gemaak word.

Kaartjieverkope vir konserte open op 1 Junie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.