Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Italiaanse sopraan Laura Andreini sing in Pta
Die Italiaanse sopraan Laura Andreini.

Die Italiaanse sopraan Laura Andreini tree Sondag in die Atterburyteater in Pretoria op.

Die tenoor Stéfan Louw.

In Concert of Opera sal Andreini saam met die Suid-Afrikaanse tenore Stéfan Louw en Johan du Toit “Nessun Dorma”, “Libiamo” en “Time to say Goodbye”, sing. Hulle word deur die pianis Paul Ferreira begelei.

Die tenoor Johan du Toit.

“Dit het eintlik alles met ’n Facebook-boodskap begin,” sê Francois Visser wat dié konsert vanjaar vir ’n vierde keer aanbied.

“Ek het haar gekontak en gehoor of sy beskikbaar sou wees vir hierdie eenmalige optrede. In die verlede het daar ook Italiaanse sangers hier opgetree en soos sy is hulle ook van Florence. Ek het ook eers menings ingewin. Ek het video’s vir Paul gestuur, want hy is een van die beste begeleiers in die land. Hy het gereken dat die mense van haar sal hou. Nou gaan ek haar Vrydag op die lughawe haal.”

Andreini het as pianis gegradueer en later haar studie in sang aan die Rinaldo Franci Institute of Higher Music Education in Sienna in 2010 voltooi.

Sy het haar debuut in 2011 gemaak as Despina in Cosi fan tutte en haar repertorium sluit rolle in soos Gilda in Rigoletto, Adina in L’Elisir en Violetta in La Traviata.

Visser, ’n algemene praktisyn van Pretoria, bied hierdie konserte aan weens sy liefde vir musiek.

“Ek dink ek was drie toe ek my eerste operakonsert bygewoon het. My pa was ’n operasanger en ’n lid van die destydse Truk-koor. Dit is die soort huis waarin ek grootgeword het.”

Die kunstenaars sing op ’n verhoog wat uit ’n klavier en twee tafels met blomme en vrugte bestaan.

“Die stel is taamlik minimalisties, maar wel met ’n Italiaanse gevoel.”

Louw het sy debuut in die rol van Beppe in I Pagliacci in die Staatsteater in Pretoria in 1998 gemaak.

Hy het hiermee die FNB-operaprys vir beste nuweling gewen.

Sy repertorium sluit in rolle in Werther, Aida, Carmen en Norma.

* Die konsert begin om 17:00 en kaartjie kos R280 tot R300. Bespreek by iTickets.

Meer oor:  Opera  |  Atterburyteater  |  Johan Du Toit
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.