Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Italiaanse sopraan volgende week in Atterburyteater

Die Italiaanse sopraan Lucia Conte is een van die stemme in die vyfde Concert of Opera wat op 21 November in die Atterburyteater in Pretoria gehou word.

Dit sou reeds in Mei op die planke wees, maar moes weens die staat van inperking uitgestel word.

Italiaanse sopraan
Lucia Conte

“Ons het by die departement van buitelandse sake toestemming gekry dat sy hier mag optree,” sê Francois Visser, ’n dokter en operaliefhebber, wat dié konserte die afgelope paar jaar reël en befonds.

Sy het reeds ’n Covid-19-toets ondergaan en nog een sal gedoen word voordat sy volgende week na Suid-Afrika vlieg.

Visser het wel ’n plaaslike plaasvervanger vir ingeval Conte nie meer na Suid-Afrika kan reis nie.

Haar repertoire sluit in barok, romantiese en hedendaagse opera, sowel as internasionale kamermusiek.

Sy het in 2007 ’n graad in opera aan Tito Schipa-konserwatorium in Lecce, Italië, verwerf.

Conte het rolle in bekende operas soos Carmen en Madama Butterfly gesing.

Die Italiaanse sopraan Lucia Conte.

Sy sal die verhoog met die tenoor Stéfan Louw, die tenoor Johann du Toit en die bariton Phuti Matuba deel. Die pianis Paul Ferreira sal hulle begelei.

“Ek meng my nie in wat die sangers doen nie,” sê Visser.

“Ek vra watter arias hulle wil sing en ek woon repetisies by. Maar ek laat die musikale sy aan hulle oor.”

Die eerste Concert of Opera is in 2014 in die Aula op die kampus van die Universiteit van Pretoria gehou.

“Daar is baie talentvolle operasangers in Suid-Afrika, maar hulle kry nie so gereeld die geleentheid om op te tree nie. Daarom het ek hierdie konserte begin.”

Hy wou graag ’n Italiaanse sanger deel van vanjaar se konsert maak.

“Ek het al ’n paar konserte in Italië bygewoon. Hulle stemme is goed. Hulle kry die geleentheid om twee tot drie keer ’n week te sing. Jy kan dit aan hul stemme hoor.”

• Die konsert begin om 19:00. Kaartjies kos R300 tot R320. Bespreek by iTickets.

Meer oor:  Atterburyteater  |  Pretoria  |  Musiek  |  Teater
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.