Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Jackson se aanhangers vat 2 hof toe oor bewerings

Aanhangers van Michael Jackson dagvaar nou twee mans wat beweer die koning van pop het hulle as minderjariges seksueel aangerand.

’n Wasbeeld van Michael Jackson. Foto: Pixabay

Hulle glo Jackson se nagedagtenis word deur die aantygings geskend.

Volgens CNN dagvaar drie groepe bewonderaars vir James Safechuck (37) en Wade Robson (41) in ’n hof in Frankryk.

Dit is onwettig in Frankryk om aantygings van misdaad te maak teen iemand wat dood is, berig CNN.

Die mans bly nie in Frankryk nie, en The Mercury News berig nie Robson of Safechuck was teenwoordig by die hofverrigtinge vroeër vandeesmaand in Orléans, Frankryk, nie.

Safechuck en Robson het in ’n dokumentêre program van vier uur lank aangevoer hulle is in die laat 1980’s en vroeë 1990’s jare lank as minderjariges seksueel deur Jackson aangerand.

abc15.com berig die groep aanhangers se prokureur, Emmanuel Ludot, sê die dagvaarding gaan nie oor geld nie, maar “is ’n hartsaak”.

Ludot het getuienis by die hof ingedien dat depressie en ander geestesafwykings by talle van die sanger se bewonderaars gediagnoseer is nadat die program uitgesaai is.

Volgens die Franse verpleegster Myriam Walter, een van die klaers en die president van die bewonderaarsgroep MJ Community, het Jackson ’n goeie hart gehad en is dit nie reg om beskuldigings rond te slinger na iemand wat dood is en homself nie kan verdedig nie, berig abc15.com.

abc15.com berig ook ’n tribunaal sal op 4 Oktober uitspraak in die saak lewer.

Jackson is in 2009 dood.

In 1993 het ’n 13-jarige seun die sanger daarvan beskuldig dat hy hom oor ’n tydperk van vyf maande seksueel gemolesteer het. ’n Ooreenkoms is egter tussen die partye bereik en Jackson het bykans $25 miljoen betaal.

Jackson is in 2013 op aanklag dat hy ’n ander 13-jarige seun seksueel aangerand het, vrygespreek, berig abc15.com. Die kind het kanker gehad ten tyde van die beweerde voorval.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.