Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
James Morrison 1ste keer in SA

Die Britse sanger en liedjieskrywer James Morrison tree in Januarie vir die eerste keer in Suid-Afrika op.

James Morrison tree in Januarie vir die eerste keer in Suid-Afrika op.

Showtime Management en 5FM Legends bied die konserte aan op 22 en 23 Januarie in die Teatro by Montecasino in Johannesburg en op 26 Januarie in die Kirstenbosch Botaniese Tuin in Kaapstad.

“Ek is baie opgewonde om Suid-Afrika in 2019 te besoek,” sê Morrison (34). Van sy bekende treffers is “You Give Me Something” en “Wonderful World”.

“Dit is ook die eerste keer in ’n rukkie wat ek weer optree. Ek kan nie wag om in Johannesburg te speel en daarna in Kaapstad met die berge as my agtergrond nie.”

Morrison, ook ’n kitaarspeler, het in 2006 op die musiektoneel verskyn.

Die treffers “You Give Me Something” van sy debuutalbum Undiscovered het van hom ’n huishoudelike naam gemaak.

Hy het in 2007 die BRIT-prys vir beste manlike kunstenaar gewen.

James Morrison

Sy rasperstem is glo te danke aan ’n siekte wat hy as kind opgedoen het. Die veteraan-vervaardiger Jerry Wexler het Morrison se stem geloof en dit onderskei as die soort wat ’n mens een keer hoor en nooit vergeet nie.

Sy album Songs for You, Truths for Me is in 2008 uitgereik, waarop die gewilde lied “Broken Strings”, ’n duet met Nelly Furtado, verskyn.

Sy derde album Awakening het in 2011 verskyn.

Hoogtepunte in sy loopbaan sluit in die vertolking van “You Give Me Something” in 2006 tydens die Royal Variety Performance voor prins Charles en sy vrou, Camilla, hertogin van Cornwall.

Hy het dieselfde liedjie ook op die Amerikaanse NBC-program, The Today Show, gesing.

Hy het in 2007 tydens Concert for Diana, ’n huldeblykkonsert vir prinses Diana, “Wonderful World’ en “You Give Me Something” gesing.

Morrison het reeds 4,5 miljoen eksemplare van sy drie albums verkoop.

Sy nuwe album word na verwagting in 2019 uitgereik.

* Die vertonings in die Teatro by Montecasino op 22 en 23 Januarie begin albei om 20:00. Kaartjies kos R400 tot R850. Bespreek by Computicket.

* Die vertoning in die Kirstenbosch Botanies Tuin op 26 Januarie begin om 19:00.

Kaartjies kos R650. Bespreek by Webtickets.

Meer oor:  James Morrison  |  Teatro  |  Montecasino  |  Celebs  |  Musiek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.