Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Jannie du Toit lig sy hoed vir Brel
Chanie Jonker, Jannie du Toit en Susan Mouton in Bonjour, Monsieur Brel.

Die sanger Jannie du Toit sit weer sy Brel-hoed op met Bonjour, Monsieur Brel wat van 4 tot 16 Julie in die Theatre on the Square in Sandton aangebied word.

Saam met Du Toit op die verhoog is Susan Mouton (tjello) en Chanie Jonker (klavier en trekklavier), met die Belgiese sanger Jacques Brel wat in vier tale besing word: Frans, Nederlands, Engels en Afrikaans.

Die program sluit gewilde liedjies soos “Amsterdam”, “Marieke”, “Madeleine”, “The Old Folks” en “Ne me quitte pas” in.

Met Bonjour, Monsieur Brel wat al by verskeie plekke in Suid-Afrika te siene was en wat ook ’n vinnige draai by Innibos maak, is daar die heerlike vooruitsig dat dit later vanjaar ook na Nederland reis.

* Vertonings in Sandton is van 4 tot 16 Julie Dinsdae tot Saterdae om 20:15, met nog ’n vertoning om 18:00 op Saterdae en Sondae om 16:00. Van 7 tot 9 Julie is daar nie vertonings nie. Kaartjies kos R140.

* Die vertoning by Innibos is op 7 Julie om 14:00 by die Lowveld High School om 14:00. Kaartjies kos R132.

Vir albei konserte kan daar by Computicket bespreek word.

Meer oor:  Innibos  |  Pretoria
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.