Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Jannie sing weer Brel
Jannie du ToitFoto: Ivan Naudé

Die sanger Jannie du Toit is nog nie uitgekuier met die Belgiese sanger Jacques Brel se musiek nie.

Daarom is Du Toit vandeesmaand terug met sy gewilde musiekproduksie Bonjour, Monsieur Brel met die musiek van Brel.

Van 6 tot 22 Maart tree hy saam met Susan Mouton (tjello) en Chanie Jonker (klavier en trekklavier) in die Theatre on the Square in Sandton op.

Juanita Swanepoel het die saamstel van die liedjies en tekste behartig.

Die produksie is ook onlangs in Europa opgevoer.

Brel se liedjies sal in vier tale gesing word: Frans, Nederlands, Engels en Afrikaans. Die program sluit gewilde liedjies soos “Amsterdam”, “Marieke”, “Madeleine”, “The Old Folks” en “Ne me quitte pas” in.

Du Toit het ook in 2016 die album

Jannie du Toit chante/sing/sings/zingt Brel bekend gestel.

* Vertonings is Dinsdae tot Saterdae om 20:15, met nog ’n vertoning om 18:00 op Saterdae. Kaartjies kos R70 tot R150. Bespreek by Computicket.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.