Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Jazzkwintet met Carina Bruwer skitter in enkele optrede

Die naaste wat musiekliefhebbers in die Covid-19-inperkingstyd aan die gevoel van ’n tradisionele teatervertoning kan kom, is om op ’n regstreekse stroming in te skakel. As jy dit misloop, is dit neusie verby, net soos wanneer jy ’n vertoning in ’n teater misloop.

Die veelsydige fluitspeler Carina Bruwer.

Dié benadering pas die fluitspeler Carina Bruwer toe met die nuwe instrumentale groep Vertigo op 15 Januarie.

Bruwer, wat bekend is as die ankerspeler van die trio Sterling EQ, se medespelers in Vertigo is die jazzpianis Kyle Petersen, Richard Brokensha (kitaar), Nick Williams (baskitaar) en Darren Petersen (tromme).

Al die instrumentaliste is Suid-Afrikaners wat ook internasionaal bekend is. Kyle is die internasionale ambassadeur vir Roland- digitale klaviere, Brokensha toer die wêreld plat as kitaarspeler vir groepe wat meestal in volgepakte stadions optree, Williams het in Zürich studeer en is sedertdien internasionaal gesog, terwyl die wonderkind Petersen in ’n talentvolle volwasse speler ontwikkel het.

Bruwer is wyd bekend as ’n veelsydige fluitspeler. Sy is in klassieke musiek aan die Universiteit Stellenbosch opgelei en het daarna die jazz- en kontemporêre musiekwêreld met groot sukses betree.

Kyle Petersen is ook die musiekregisseur vir die Vertigo-vertoning.

Volgens haar is die Vertigo-vertoning ’n “toonvenster van virtuose spel” wat gehoor kan word in hul weergawes van gunstelinge soos “Europa” van Carlos Santana, “Spain” (Chick Corea), “Special Star” (Mango Groove), “Kashmir” (Led Zeppelin) en “Adagio”, musiek van Albinoni wat vir die optrede verwerk is.

“Ons beloof meer sulke hoogtepunte asook sielvolle melodieë in verskillende genres soos soul, pop, crossover, jazz en kontemporêr,” sê Bruwer.

Om met dié plaaslike musikante saam te span, is vir haar die verwesenliking van ’n droom waarvoor sy nie voorheen tyd gehad het nie.

“Ek het die musikante gekies omdat hulle tegnies uitsonderlik vaardig is, met rou passie speel en boonop kreatiewe instrumentaliste is.”

Bruwer sê sy vind nes kunstenaars gretig is om op te tree, is gehore ook uitgehonger vir musiekvertonings. Dit is nou ’n kans om jazz op ’n hoë vlak te hoor.

Die optrede is deel van die Digital Mobility Concert-reeks wat moontlik gemaak is deur ConcertsSA en die borge Samro, die Samro-stigting, die Levedo-stigting en die Koninklike Noorweegse ambassade.

Die vertoning word op 15 Januarie om 18:30 regstreeks gestroom danksy samewerking tussen Panastream en Milestone Studios.

Kaartjies kos R120 by Quicket by quicket.co.za/events/127599-vertigo-live-at-milestone-studios.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.