Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Jennifer sing haar hart uit

Die sangeres Jennifer Zamudio is sinoniem met gewilde Afrikaanse musiek. Sy is al 18 jaar lank voltyds in die bedryf en het onlangs haar 12de album uitgereik. Dié Afrikaanse CD beloof om ’n groot sukses te wees.

Zamudio het destyds die mark betree met haar pers hare en haarself slim geposisioneer, maar soos die jare aangestap het, het sy dit reggekry om nie net haar persoonlike beeld nie, maar ook haar musiek keer op keer te vernuwe en met ’n splinternuwe produk vorendag te kom. Sy ken haar mark en haar mense en het haar vinger op die pols.

Jennifer Zamudio

“ ’n Mens moet jouself maar die hele tyd aanpas en vernuwe. Hierdie album pas perfek by die hedendaagse musiekbehoeftes.

“Ek het baie jong musikante gebruik om my met die album te help en ek is baie trots op die eindproduk. Dis modern, in pas met die hedendaagse klanke en steeds heerlike lekkerluistermusiek,” sê die sangeres.

Een van die onlangse hoogtepunte van haar sangloopbaan is die Ghoema-prys wat sy verlede jaar vir haar countryalbum ontvang het.

Die nuwe album, Goud is my woorde, bevat 14 lekkerluisterliedjies. Volgens Zamudio is elke liedjie met die hand gekies.

“Daar is ’n goeie balans op die album en die genre wissel tussen popmusiek en kontemporêre musiek. Ek glo mense se ore moenie moeg raak wanneer hulle na ’n liedjie luister nie en daarom is elke liedjie op hierdie album lekker om na te luister.

“Ek het maar nog altyd ’n sagte plek vir ’n mooi melodie en ek hou van liedjies met musikale melodieë. Deesdae raak ’n mooi melodie so maklik verlore, maar ek hou van musiek wat sterk gedrewe en kragtig is,” sê sy.

Al die liedjies op Goud is my woorde vorm ’n sterk eenheid. Behalwe die vyf liedjies op die album wat uit Zamudio se eie pen kom, is die liedjie “Goud is my woorde” spesiaal deur Rudi Claase vir die album geskryf. Die liedjie weerspieël Zamudio se hele loopbaan tot dusver. Die liedjie “Tot die see opdroog” is ’n liedjie wat sy spesiaal vir haar pa geskryf het ná sy dood en baie mense sal met die lied kan identifiseer.

Ná byna 20 jaar in die bedryf is sy steeds mal oor haar werk en vertel spontaan dat sy nog elke keer opgewonde is om op ’n verhoog te stap en vir mense te sing. “Dis regtig nog al die tyd vir my lekker om te kan sing en ek beskou dit as ’n voorreg dat ek my passie kan uitleef.”

Meer oor:  Celebs  |  Musiek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.