Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
‘Jerusalema’, Ndlovu-koor, Kellerman en Peyper wen by Samas
Brendan Peyper

Die koning van vanjaar se Suid Afrikaanse musiekpryse (Samas) was die Afro-popduo Blaq Diamond, wat aangewys is as die kunstenaar van die jaar.

Tog was dit die platejoggie en vervaardiger Kabza De Small wat vier Samas, die meeste pryse van die aand, ontvang het.

Hy het ’n Sama as manlike kunstenaar van die jaar met die lied “I Am The King of Amapiano: Sweet & Dust” ontvang asook Samas vir sy samewerking met DJ Maphorisa en die Scorpion Kings vir die album van die jaar Once Upon a Time in Lockdown, daarby voeg hulle die Sama vir duo of groep van die jaar én die prys vir die beste amapiano-album, ook vir Once Upon a Time in Lockdown.

Wouter Kellerman Foto: Edrea du Toit

Die 27ste aanbieding van die jaarlikse pryse is gisteraand op SABC1 uitgesaai Dit is vooraf in Johannesburg opgeneem, weens Covid-19-regulasies. Dit is geen verrassing nie dat Master KG (Kgaogelo Moagi) en Nomcebo Zikode die internasionale prys ontvang het vir die lied Jerusalema, wat Suid-Afrika en groot dele van die wêreld midde-in die pandemie met hoop vervul het en aan die dans gekry het.

Die Ndlovu-jeugkoor het die Sama vir die beste volwasse kontemporêre album gewen vir hul album Rise. Die album bevat die lied “We Will Rise”, wat luisteraars en kunstenaars hoop gee dat die koronavirus verslaan gaan word en die kunste weer uit die as sal herrys. “Ons voel so nederig en loop oor van vreugde om ons derde Sama in ontvangs te neem. Baie dankie aan die koorlede wat nooit ophou glo nie, wat so hard gewerk het, al kan ons nie nou optree nie. Ons is trots op elkeen van hulle,” het die oorstelpte koorleier, Ralf Schmitt, gesê.

Ralf Schmitt en lede van die Ndlovu-jeugkoor. Foto: Rapport

Die internasionaal gevierde fluitspeler Wouter Kellerman is gisteraand met sy agtste Sama vereer vir sy album We’ve Known All Times. Dit is die jaar se beste instrumentele en klassieke album.

“Hierdie jaar was besonder moeilik vir musici en kunstenaars oral. Die erkenning lig my gemoed op in ’n baie moeilike tyd. Ek is so dankbaar vir die volgehoue ondersteuning, ek is net so dankbaar,” het Kellerman gesê. Hy voeg sy agtste Sama by twee Grammys in sy trofeekas.

Die Afrikaanse sanger Brendan Peyper se album Twintig20 is as die beste popalbum van 2020 aangewys. Die album sluit treffers soos “Vasdanslyf” en “Trouvrou” in. Die rockgroep Die Heuwels Fantasties is op hul beurt vereer vir hul album Herverbeel wat as die beste kontemporêre musiekalbum aangewys is.

Die Heuwels Fantasties

Vanjaar is Lebo M, die Suid-Afrikaanse komponis en vervaardiger bekend om die klankbaan van die Hollywood-prent, The Lion King, vir sy lewenswerk vereer, so ook die sangeres PJ Powers en dr. Lindelani Mkhize, koorleier en vervaardiger van die Joyous Celebration-koor, vir sy bydrae tot die ontwikkeling van kontemporêre gospel in Suid-Afrika.

Die volledige lys van wenners is:

Kunstenaar van die jaar: Blaq Diamond

Album van die jaar: Matthew Mole se Keep it Together

Musiekvideo van die jaar: “Price to Pay” met Miss Pru, Blaq Diamond en Malome Vector

Album van die jaar: Once Upon A Time In Lockdown van Kabza De Small en DJ Maphorisa (Scorpion Kings)

Duo of groep van die jaar: Kabza De Small en DJ Maphorisa (Scorpion Kings) – Once Upon A Time In Lockdown

Vrouekunstenaar van die jaar: Sho Madjozi met “What a Life”

Manskunstenaar van die jaar: Kabza De Small met “I Am The King of Amapiano: Sweet & Dust”

Nuweling van die jaar: Bucy Radebe met Spiritual Encounter

Beste rockalbum: Orange Sunshine van Yum Yuck

Beste popalbum: Tribes & Angels van Locnville

Beste popalbum: Twintig 20 van Brendan Peyper

Beste kontemporêre album: Rise van die Ndlovu-jeugkoor

Beste kontemporêre musiekalbum: Herverbeel van Die Heuwels Fantasties

Beste Afrika- volwasse kontemporêre album: Amakhaya van Max Hoba

Beste alternatiewe album: Iimini van Bongeziwe Mabandla

Beste R&B/Soul-album: Uhambo van Soul Kulture

Beste hip-hop-album: Zulu Man with Some Power van Nasty C

Beste kwaito-album: Ama Roto EP van Reece Madlisa en Zuma

Beste dansalbum: The Healers: The Last Chapter van Black Motion

Beste tradisionele gospelalbum: Spiritual Encounter van Bucy Radebe

Beste kontemporêre gospelalbum: Your Kingdom on Earth van Hle

Beste Afrika inheemse gospelalbum: Izwi Lakho van die Mandlethu Gospel Singers

Beste tradisionele album: What a Life van Sho Madjozi

Beste Maskandi-album: ImfenekaMakhelwane van Abafana Baka Mgqumeni

Beste jazzalbum: Modes of Communication: Letters from the Underworld van Nduduzo Makhathini

Beste klassieke of instrumentele album: We’ve Known All Times van Wouter Kellerman

Beste Afropop-album: Ngumama van Vusi Nova

Beste oudiovisuele opname (lewend): Journey to the World and Beyond van Sun-El Musician

Beste medewerking-album Mali Eningi van Big Zulu met Riky Rick en Intaba yase Dubai

Bes vervaardigde musiekvideo: Hosh deur Prince Kaybee

Bes vervaardigde album van die jaar: Umsebenzi deur Sjava – Delaydem, Ruff, Webmoms, Zadok en Vuyo Manyike

Bes tegnies versorgde album van die jaar: Inganekwane van Zoë Modiga – Papi Diretsi en Songo Oyama

Gemengde album van die jaar: Yehla Moya – Da Capo

Beste reggae-album: Persistence – Bongo Riot

Beste Gqom-album: Inzalo Yekwaito - Zinaro

Internasionale prestasie: Master KG

Beste verkoper: Mlindo the Vocalist - Emakhaya

Die mees gestroomde lied: “You’re the One” van Elaine

Meer oor:  Musiek  |  Wenners  |  Samas
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.