Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
‘Jerusalema’-sanger vir MTV-prys benoem

Daar is g’n keer aan die opgang wat die Suid-Afrikaanse sanger en musikant Master KG met sy wegholtreffer “Jerusalema” maak nie.

Master KG Foto: Argief

Master KG, die verhoognaam van Kgaogelo Moagi, is Dinsdag vir ’n prys by die MTV European Music Awards (EMA) benoem.

Hy kom in die kategorie beste musikant van Afrika teen Burna Boy (van Nigerië), Rema (Nigerië), Sheebah (Uganda), Gaz Mawete (Demokratiese Republiek van die Kongo) en die Suid-Afrikaners Kabza de Small en DJ Maphorisa te staan.

As Master KG – of De Small en Maphorisa – wen, sal hy die eerste Suid-Afrikaner sedert Freshlyground in 2006 en LCNVL in 2013 wees wat die prys kon verower.

Aanhangers word nou aangemoedig om tot 2 November op https://www.mtvema.com/en-africa/vote/ vir Master KG te stem.

“Ek is vir ’n MTV EMA benoem. Help my om te wen deur op die skakel te klik,” het Master KG op Facebook gevra.

Die MTV EMA’s word op 8 November uitgedeel. Meer besonderhede oor die prysuitdeling moet nog bekend gemaak word.

As dit afhang van Master KG se aanhangers en die “Jerusalema”-koors wat die wêreld steeds beet het, sal hy in alle waarskynlikheid loshande die prys wen.

Die liedjie se musiekvideo is teen Woensdag meer as 173 miljoen keer op YouTube gekyk en het ’n wêreldwye dansuitdaging ontketen, met nog geen einde in sig.

Netwerk24 het vroeër berig dat die liedjie miljoene oë en ore wêreldwyd op Suid-Afrika en Suid-Afrikaanse musiek gefokus het, wat die departement van sport, kuns en kultuur aangespoor het om Master KG en Zikode as die land se ambassadeurs vir kuns en kultuur aan te stel.

  • Saamgestel deur Christiaan Boonzaier met bykomende bronne: nme.com, billboard.com, iol.co.za, mtv.co.za
Meer oor:  Musiek  |  Nomcebo Zikode  |  Master Kg  |  Kgaogelo Moagi  |  Jerusalema
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.