Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Johan van Rensburg stadig maar seker beter
Rina Hugo en Johan van Rensburg.

Die pianis Johan van Rensburg sterk “stadig maar seker” aan nadat hy uit ’n hospitaal in Pretoria ontslaan is waar hy vir Covid-19 behandel is.

Soveel so dat hy ná sowat anderhalf week tuis al lang tye sonder suurstof oor die weg kan kom.

“Hy is nog op suurstof, maar sedert gister speen ons hom daarvan,” sê sy vrou, die sangeres Rina Hugo.

“Hy gaan nou al lang rukke daarsonder aan.”

Hugo het ook Covid-19 opgedoen en is gehospitaliseer, maar is lank voor Van Rensburg ontslaan.

“Ek is ook besig om sterker te word. Ons is albei dankbaar dat ons stadig maar seker sterker word.”

Van Rensburg, voorheen orkesleier van die SABC2-musiekspeletjiesprogram Noot vir noot, moet ’n rugoperasie ondergaan.

“Maar ons moet net vir Johan sterk genoeg kry. Hy verduur maar pyn van sy rug, maar ons sal seker nog ’n hele ruk wag voordat hy geopereer word.”

Van Rensburg en Hugo was in Maart 50 jaar getroud.

“Ons het vreeslik groot waardering vir almal se boodskappe, gebede en goeie wense,” sê Hugo.

“Ons het dit regtig aangevoel. Ons is twee dankbare mense dat ons weer saam by die huis is.”

Meer oor:  Johan Van Rensburg  |  Rina Hugo  |  Johannesburg  |  Covid-19  |  Pianis  |  Musiek  |  Noot Vir Noot
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.