Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Johnny Clegg – die wit Zoeloe – groet Jhb vir altyd
Johnny Clegg tydens ’n optrede van sy Final Journey-wêreldtoer. Foto: Verskaf

Dit gaan vir die sogenaamde wit Zoeloe, Johnny Clegg, ’n emosionele afskeid wees wanneer hy Saterdag vir die laaste keer in Johannesburg optree.

Clegg het vroeër vanjaar gesê hy gaan ná ’n wêreldtoer sy kitaar wegpak ná byna 40 jaar in die musiekbedryf.

Die laaste Suid-Afrikaanse been van die Final Journey-wêreldtoer begin Saterdag in Johannesburg wanneer Clegg saam met bekende musikante en groepe soos Prime Circle, die Soweto Gospel Choir, Jesse Clegg, Sipho Mchunu, Just Jinjer, The Parlotones en Arno Carstens optree.

“Dit gaan beslis emosioneel wees. Ek het grootgeword in Johannesburg. Dit is my gehoor en my mense en hulle het my deur die jare baie ondersteun. Dit gaan ’n eer wees om vir oulaas vir hulle op te tree,” sê Clegg.

Hy het pas geland ná ’n reeks konserte in Nederland, Amerika en Kanada.

Dit was vir Johnny Clegg ’n groot hoogtepunt om die Zoeloedanse die Bhaca, Ishamani en Umzansi onder die knie te kry. Foto: Verskaf

“Ons het ’n besige skedule tydens die toer gehad, maar ek het besef dit is ’n afskeid vir my aanhangers en ek is baie geseënd om vir oulaas koebaai te sê,” sê hy.

Clegg sê dit was veral lekker om vir internasionale gehore te speel, maar dat hy ook kan sien hoe verlang Suid-Afrikaners in die buiteland huis toe.

“Jy kan sien dit is ’n bittersoet oomblik vir hulle. Hulle is mal oor die musiek en dit was ’n fees om weer te toer en vir almal in die buiteland te speel.”

Johnny Clegg en Sipho Mchunu tydens ’n optrede. Foto: Verskaf

Clegg sê van die talle hoogtepunte in sy loopbaan was die feit dat hy in volgepakte stadions kon speel en die trefferlyste oor die hele wêreld heen haal.

“Een van my beste herinneringe is die keer toe ek saam met Juluka voor ’n volgepakte Orlando-stadion gespeel het in 1983. Nog ’n hoogtepunt was toe ek die Zoeloedanse die Bhaca, Ishamani en Umzansi onder die knie gekry het,” sê hy.

Ross Learmonth, voorsanger van Prime Cirlce, sê dit is ’n groot voorreg om vir oulaas die verhoog te deel met iemand wat “die tydtoets deurstaan het”.

“Ek het baie respek vir Clegg juis omdat hy deur sy musiek só baie grense oorskry het. Ek is dankbaar en geëerd dat ek genooi is om deel te wees van hierdie ongelooflik oomblik. Dit is geskiedenis in wording,” sê Learmonth.

* Die konsert Saterdag in die Ticketpro Dome begin om 20:00. Kaartjies is beskikbaar by Computicket.

Meer oor:  Johnny Clegg  |  Johannesburg  |  Musiek  |  Musikant
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.