Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Johnny Clegg op unieke wyse vereer
Gloria Bosman

Die musikant Johnny Clegg gaan op die 16de Stellenbosch Internasionale Kamermusiekfees(SIKMF) vereer word met ’n unieke komposisie geskep deur twee Suid-Afrikaanse komponiste.

Antoni Schonken en Arthur Feder gaan ’n werk skep om die ikoniese musikant uit die stryd teen apartheid se lewe en werk te vier.

Reeds sedert 2016 dien die SIKMF, ’n projek van die musiekdepartement van die Universiteit Stellenbosch, as ’n forum om die stories te vertel van Suid-Afrikaners wat tot die vorming van Suid-Afrika bygedra het soos emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu en die aktivis Denis Goldberg.

Clegg het saam met sy musiekgroepe Juluka en Savuka gepoog om rasseverdeling te oorbrug deur lirieke in Zoeloe en Engels te integreer in ’n idioom wat deur die musiek van albei kulture geïnspireer is. Die titel van die werk is ... there was no way back, verwys na ’n stelling van Clegg nadat sy ma met sy “cross-over”-styl kennis gemaak het.

Die musiekster Gloria Bosman, ’n boorling van Soweto, sal die verteller in hierdie uitvoering wees. Bosman is bekend om haar werk saam met musikante soos Hugh Masekela, Moses Molelekwa, Tananas en Sipho Mabuse.

Johnny Clegg Foto:

Sy het ook onlangs deelgeneem aan Crossing, ’n projek waarby van die land se voorste musikante saamgewerk het om die lewe en musiek van Clegg te vier deur ’n opname uit te reik.

Hulle het ook ’n fonds gestig met die gepaste naam “Friends of Johnny Clegg” om die krisis in Suid-Afrika se skole te help verlig.

Die eerste uitvoering van ... there was no way back is op 8 Julie om 20:00 in die Endlersaal in Stellenbosch.

Dit vorm deel van die vierde personeelkonsert. Op die konsert word Hans Roosenshoon se komposisie The man who (unknowingly) mistook his music for mathematics en Brahms se tweede strykkwintet.

Die Kamermusiekfees word van 5 tot 14 Julie in Stellenbosch aangebied. Kaartjies is by Computicket beskikbaar. Meer inligting oor die konserte en kunstenaars is beskikbaar by www.sicmf.co.za. Navrae: 021 808 2358.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.