Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Jonathan Butler maak ’n Paarlse draai

Jonathan Butler, Kaapse boorling en deesdae internasionale R&B-kunstenaar wat in Amerika woon, is die naweek te sien op ’n musiekfees op die Nederburg-wynplaas in die Paarl.

Butler tree saam met die plaaslike jazzorkes Top Dog, asook Camillo Lombard en Donveno Prins, op.

Ander kunstenaars op die program is Jonathan Rubain, ’n plaaslike gospel- en jazzmusikant, Dale Patience, saxofoonspeler, Elwira Standili, sanger, Mr.FerlSTET, Paarlse kletsrymer, en Marco Mentoor, klawerbordspeler.

Jonathan ButlerFoto: Raj Naik

Butler is gedurende die apartheidsjare in Athlone op die Kaapse Vlakte gebore, maar het oorsee verhuis om sy musiekloopbaan voort te sit.

Hy het al Grammy-benoemings gekry vir beste R&B-liedjie vir sy R&B-poptreffer “Lies” en vir “Going Home” as beste instrumentale jazzlied.

Hy het verlede jaar die Jonathan Butler-stigting begin wat musiek- en kunsopleiding bied vir kinders tussen die ouderdom van vier en 17.

’n Kitaar met Butler se handtekening op en ’n portret wat deur Iymanyi Belachew geverf gaan word terwyl hy optree, gaan tydens die konsert ten bate van die stigting opgeveil word.

Gehoorlede sal ook ’n geleentheid kry om Butler ná sy optrede te ontmoet.

*Saterdag se konsert begin om 17:00 en die hekke open om 16:00. Kaartjies kos tussen R150 eb R500, en is beskikbaar by Webtickets en by Pick n Pay-winkels. Toegang is gratis vir kinders onder 12. Vir meer inligting stuur ’n e-pos na hello@cnct.co.za of skakel 061 542 1598.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.