Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Jong musici in pylvak van instrumentale kompetisie

Die Samro Hubert van der Spuy-kompetisie, die enigste nasionale kompetisie vir laerskoolleerlinge wat orkesinstrumente bespeel, is in die pylvak.

In 2018 was die algehele wenner van die Samro Hubert van der Spuy-kompetisie die tienjarige pianis Weien Amy Luo (middel). Daniel Spies (fluit) was die naaswenner en die pianis Teboho Motsatse het die derde plek beklee.

Altesame 42 musici tot en met die ouderdom van 13 jaar het die oudisies geslaag en sal sake van 16 tot 20 September met optredes om die totale prysgeld van sowat R85 000 uitspook. Die week lange optredes vind in die Hugo Lambrechts-ouditorium in Parow plaas.

Sowat R5 000 van die prysgeld gaan aan die onderwysers van die leerlinge wat wen.

Vanjaar is 25 van die kandidate van die Wes-Kaap, 16 van Pretoria en een van Durban. Die kategorieë waarin hulle deelneem, sluit klavier, stryk-, houtblaas-, koperblaas- en ander instrumente soos harp en perkussie in.

Die werklikheid is egter dat ’n allemintige 26 van die kandidate pianiste is. Terwyl dié spelers mekaar opdraande sal gee, het die een xilofoonspeler geen mededinging nie en die twee klarinette, twee saxofone en een fluit weinig teenstand in die houtblaaskategorie. In die strykerkategorie sal die vier tjelliste en ses violiste dit ook nie te moeilik hê nie.

Kategoriewenners kry R3 000 elk, maar die groot pryse waarvoor almal mik, is die kontant van R15 000 vir die algehele wenner, R10 000 vir die naaswenner en R7 500 vir die derde plek.

Meer oor:  Musiek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.