Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Jong SA pianiste wen internasionale beurs
Qden Blaauw

Die jong Suid-Afrikaanse pianiste Qden Blaauw en John Smith het skoonskip gemaak in die internasionale Yamaha-beurskompetisie van 2020 deur saam die eerste prys te ontvang. Dit is die derde agtereenvolgende jaar dat die eerste prys na Suid-Afrika kom.

Elkeen steek prysgeld van $1 000 in hul sak.

Die kompetisie is vir leerlinge van die Midde-Ooste, Wes-Asië en Afrika wat in die tydperk van begin 1999 tot einde 2004 gebore is. Hul deelname is beoordeel op grond van video’s wat verlede jaar tussen 15 September en 30 November opgeneem is van ’n beweging uit ’n Haydn-sonate en ’n werk van hul keuse.

Die 16-jarige Qden het al verskeie nasionale kompetisies gewen, waaronder die Samro Hubert van der Spuy- (2016), die Hennie Joubert-, die Johann Vos- (2018) en die Atterbury-kompetisie (2019). Sy optredes sluit van concerto’s saam met die Kaapstadse Filharmoniese Jeugorkes tot die Kaapstadse, Johannesburgse en Vrystaatse orkeste in. Hy het ook al in die buiteland opgetree toe hy in 2018 drie uitvoerings in Saarlouis, Duitsland, gegee het waarvan een saam met die Duitse Polisieorkes.

John Smith

’n Hoogtepunt was ’n week lange kursus in Warskou, Pole, met meesterklasse deur niemand minder nie as die geprese pianis Lang Lang.

Verlede jaar sou Qden saam met die Miagi-orkes in twee dubbelconcerto’s met die Duitse pianis Nina del Ser in Parys, Frankryk, opgetree het, maar dit het ongelukkig weens Covid-19-beperkinge in die slag gebly.

Dié jongeling, wat reeds sedert sy agtste jaar ’n leerling van Shane Goodall is en ook graag komponeer, se kop staan buiteland toe sodra hy klaar is met skool. Dit is nog nie seker waar hy sy musiekstudie sal voortsit nie.

John Smith, ’n leerling van Erina Westgarth-Taylor by Bishops Diocesan College in Rondebosch, Kaapstad, se veelsydigheid sluit internasionale deelname in openbare redevoering in, waarin hy Suid-Afrika reeds twee keer verteenwoordig het.

Hy berei tans voor vir die Suid-Afrikaanse Nasionale Musiekkompetisie wat gewoonlik in Oktober in Kaapstad gehou word en vir die gr. 8-eksamen in klavier, viool en sang.

John sê hy het nog nie finaal besluit of hy ’n loopbaan in musiek sal volg nie, maar sê hy weet wel hy sal nooit ophou speel nie.

Die pryse in die Yamaha-kompetisie is veronderstel om in Februarie in Dubai oorhandig te word, maar dit is te betwyfel of die geleentheid daar sal plaasvind.

Meer oor:  John Smith
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.