Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Joshua na die Reën stel nuwe CD by Affies bekend

Joshua na die Reën se nuwe album Someraande word Vrydag by die Afrikaanse Hoër Seunskool bekend gestel. Hy was onlangs in Pretoria waar hy geswot het en het ’n paar van Metro-Beeld-Noord se vrae beantwoord.

Joshua na die Reën se nuwe album word Vrydag by die Afrikaanse Hoër Seunskool uitgereik.

Waar woon jy deesdae?

Ek woon op ’n plaas naby Walkerville waar ek en my broers grootgeword het.

Wat is jou konneksie met Pretoria?

Ek het BTech in Jazz by die Tshwane Universiteit van Tegnologie geswot.

Hoe sal jy jou musiek aan die oningeligte beskryf?

Ek skryf gewoonlik uit persoonlike ervarings wat ek met beelde uit die natuur probeer inkleur. Daarna probeer ek my bes om note by te sit wat die reis voltooi. My musiek kan as “stadium rock” beskryf word. Dit wissel van diep en sielvol tot R&B, rock, jazz en blues. My nuwe album sluit ook elemente van popmusiek in.

Hoe het jy jou begin in die musiekbedryf gemaak?

My pa het een aand in Oktober 2012 gesê dis hoog tyd dat ek my eie album maak. Tot in daardie stadium het ek net ander mense op klavier begelei. My pa se woorde het daartoe gelei dat ek “Lig op die horison” skryf. Ek het stelselmatig my eie liedjies bymekaar gemaak en my broer Pierre het my geweldig baie gehelp om die besigheidskant van die bedryf aan te pak.

Indien jy vir net een van jou liedjies onthou word, watter een sal dit wees en hoekom?

“Suiderkruis”. Dit het gekom van ’n plek waar ek besef het ek hoef nie alles in die lewe te verstaan nie. So ook kon ek God vir sy misterie, wat Hy in ons is en wat ons in Hom is, waardeer.

Is daar ’n spesifieke plek waar jy opgetree het wat vir jou ’n besonderse ondervinding was?

Die Karoo Stilfees was beslis ’n hoogtepunt. Verbeel jouself in ’n populierwoud wanneer die wind saam met jou sing deur die laatmiddagson-patrone van die blare. Ek was totaal en al meegevoer.

Gee ’n kort beskrywing van jou nuwe album.

Die album is gebaseer op die titelsnit wat ek vir my ouboet Pierre de Villiers geskryf het. Vandat ek kan onthou, was sy hoop vir die wêreld dat almal genoeg sal hê om van te leef, dat daar vrede sal wees en dat mense hul volle potensiaal sal ontdek.

  • Vrydag se konsert begin om 18:45. Kaartjies kos van R135 tot R150 en is op quicket.co.za beskikbaar.
Meer oor:  Joshua Na Die Reën  |  Celebs  |  Musiek  |  Vermaak  |  Vraag En Antwoord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.