Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Justin Bieber behaal tamaai YouTube-mylpaal

Die Kanadese popster Justin Bieber is amptelik die eerste sanger wat meer as 50 miljoen volgelinge op YouTube het.

Dit is ook nie die enigste mylpaal wat die sanger van liedjies soos “Sorry” en “Love Yourself” byna terselfdertyd behaal het nie: Volgens ’n mediaverklaring deur Universal Music South Africa is Bieber se video’s op YouTube ook amptelik al meer as 20 miljard keer gekyk.

Daarby het die eerste episode van Justin Bieber: Seasons, sy nuwe dokumentêre webreeks op YouTube Originals, ook ’n nuwe rekord opgestel: Dit is in net sewe dae sowat 32 miljoen keer gekyk.

Bieber (25), wat sy loopbaan op YouTube op die kanaal Kidrauhl begin het, het in reaksie op die eersgenoemde mylpaal getwiet: “Het begin as #kidrauhl en nou dit. Dankie.”

Volgens die verklaring word Bieber se webreeks in meer as 97 lande gekyk en word sy YouTube-inhoud veral deur aanhangers in Amerika, Indië, Brasilië, Indonesië en die Filippyne verslind.

Benewens die feit dat sy video’s in die laaste jaar meer as drie miljard keer gekyk is, is vier van sy eie liedjies – onder meer “Baby” en “What Do You Mean?” – meer as ’n miljard keer elk gekyk.

Die Biebs, soos sommige van sy aanhangers hom noem, het egter nie die meeste YouTube-volgelinge op aarde nie: Sy aansien sal moet verdubbel as hy met die YouTube-kanaal van die Indiese platemaatskappy T-Series (127 miljoen volgelinge) of die YouTuber PewDiePie (103 miljoen volgelinge) wil meeding.

Hy sal wel in alle waarskynlik heelwat aanhangers bykry wanneer sy jongste album, Changes, op Valentynsdag uitgereik word. – Saamgestel deur Christiaan Boonzaier met bykomende bronne: www.billboard.com, www.youtube.com

Meer oor:  Video  |  Musiek  |  Youtube  |  Justin Bieber
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.