Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Kaalkop maak Kaapse draai
Nataniël gaan vier konserte in die Kaap hou.

Nataniël gaan die jaar afsluit met vier optredes in die Kaap. Dit sal sy laaste optredes vir die jaar wees voordat hy, in Nataniël-styl, na Frankryk vertrek waar hy Kersfees sal deurbring.

Vir die optredes kan aanhangers ’n keur van musiek en stories verwag. Dit sal uit ’n mengsel van ou en nuwe materiaal bestaan.

Op 8 Januarie is dit die pianis Charl du Plessis se 20ste jaar saam met Nataniël op die verhoog.

En wat is die voël sonder die vere? Vir al die optredes sal Nataniël soos oudergewoonte in Floris Louw se kostuums uitgevat wees.

Die eerste optrede is op 27 November in die NG kerk Franschhoek. Dit sal die eerste keer in byna 20 jaar wees dat hy in sy “geliefde kerkie” optree.

Op 28 November bied hy ’n somerkonsert in die glaskatedraal op die Blaauwklippen-plaas buite Stellenbosch aan. Ná die optrede is daar ook ’n spesiale ete waarvoor konsertgangers kan bespreek. Vir bogenoemde twee optredes sal Nataniël die verhoog met Du Plessis deel.

Op 13 Desember tree hy in die ouditorium van die Hoërskool Durbanville op vir die skool se jaarlikse Kerskonsert, en op 14 Desember word hierdie vertoning by die Paul Cluver-amfiteater buite Grabouw aangebied. Benewens Du Plessis wat klavier speel, sal Werner Spies baskitaar speel en Peter Auret die tromme.

Kaartjies kan by Computicket of iTickets bespreek word.

Meer oor:  Musiek  |  Nataniël
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.