Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Kaapstad Opera maak nuwe hoof bekend
Elise Brunelle

Elise Brunelle is pas as Kaapstad Opera se nuwe besturende direkteur aangewys.

Brunelle, ’n gebore Amerikaner, het die afgelope nege jaar die pos as finansiële bestuurder beklee en is reeds sedert 2005 by Kaapstad Opera betrokke.

Sy het luidens ’n nuusverklaring reeds saam met die vorige besturende direkteur, Michael Williams, ’n volhoubare sakemodel vir die Kaapstad Opera-geselskap saamgestel.

Sy volg in haar pa se voetspore, wat die hoof was van die Minnesota Opera in die VSA en het ná haar studie in kuns as timmerman en sweiser in teaters begin werk.

Haar liefde vir opera en teater het haar aangevuur en sy het Kaapstad Opera na verskeie internasionale lande geneem.

Sy sonder Kaapstad Opera se tweede besoek in 2009 na Neurenberg in Duitsland uit as ’n hoogtepunt in haar loopbaan tot dusver, waar hulle toegejuig is vir hul Xhosa-weergawe van die “Champagne Song” uit Johann Strauss II se operette Die Fledermaus.

Die geselskap is tans in Suid-Korea met hul nuutste produksie, Porgy and Bess.

Meer oor:  Elise Brunelle  |  Cape Town Opera  |  Musiek  |  Opera
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.