Kaapstad Opera het twee van sy konserte “weens die opvlamming van Covid-19-gevalle in die Wes-Kaap” uitgestel.

Brittany Smith Foto: Facebook
Die geselskap sê in ’n kort mediaverklaring Spirituals Concert, wat op 3 en 4 Desember in die Groote Kerk in Adderleystraat in die Kaapse middestad sou plaasvind, sal nou op 14 en 15 Januarie aangebied word.
“Kaartjies (wat reeds gekoop is) kan na enige van die twee datums oorgeplaas word,” lui die verklaring.
“Stuur asseblief ’n e-pos na support@quicket.co.za. Dankie vir u ondersteuning.”
Die geselskap se befaamde operakoor gaan onder leiding van Marvin Kernelle spirituals uit Afrika en Amerika in die konsert sing.
Die sopraan Brittany Smith gaan haar by die koor aansluit. Shaun Oelf gaan die program choreografeer.
Kaartjies teen R80 is by Quicket (www.quicket.co.za) beskikbaar. Covid-19-maatreëls sal streng toegepas word.
Besoek https://capetownopera.co.za/ vir meer inligting.
– Saamgestel deur Christiaan Boonzaier