Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Kaartjies reeds te koop vir Bryan Ferry

Die sanger Bryan Ferry tree volgende jaar in Suid-Afrika op.

Big Concerts het die nuus Maandagoggend bekend gemaak.

Ferry, wat in 1972 sukses begin behaal het saam met Roxy Music, se kenmerkende stem wat dikwels as “elegant en verleidelik” beskryf word, sal in die Grand Arena, Grandwest, in Kaapstad en in Pretoria se Sun Arena by Time Square opklink.

Bryan Ferry

Die vertoning in Kaapstad, wat deel is van Ferry se Global Tour, vind op Valentynsdag plaas.

Hy tree twee dae later, op 16 Februarie, in Pretoria op.

Kaartjies is van 5 September om 09:00 op Big Concerts se webtuiste of deur Computicket beskikbaar.

Mense wat met hul Discovery-kredietkaarte betaal, kry ’n voorsprong van 48 uur, en kon reeds van Maandag 09:00 af kaartjies koop.

Die goedkoopste kaartjies kos R460.

Meer oor:  Big Concerts  |  Concert  |  Musiek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.