Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Kaartjies te wen vir Alternatief is Groot

Is daar enige Blou Bul-ondersteuners wat van alternatiewe Afrikaanse musiek hou?

Wel, Beeld gaan hulle opspoor, want in ons nuwe leserskompetisie gee ons dubbelkaartjies vir vyf paartjies weg vir die Blou Bulle se Superrugby-wedstryd op Loftus Versfeld teen die Stormers op Saterdag 16 Februarie.

En ingesluit is toegang tot Alternatief is Groot op die D-veld net ná die eindfluitjie. Stormers-ondersteuners is ook welkom.

Op die verhoog is kunstenaars soos Francois van Coke, Die Heuwels Fantasties, Jan Blohm, Early B, Sunset Sweatshop, Straatligkinders en Jack Parow as deel van dié nuutste konsep uit die Coleske-stal, wat reeds bekend is vir projekte soos Afrikaans is Groot en Classics is Groot.

Vyf gelukkige Beeld-lesers kan elk die volgende pryspakket wen:

  • Twee kaartjies na die rugbywedstryd;
  • Twee BBP-kaartjies na die konsert;
  • Ontmoetings met die kunstenaars;
  • Alternatief is groot, Volume 1; en
  • ’n Kroegkoepon.

Om vir die prys in aanmerking te kom, SMS die sleutelwoord Alternatief, jou naam en van, e-posadres en waar jy woon na 35986. ’n SMS kos R1,50. Gratis SMS’e geld nie en foutiewe SMS’e sal verreken word.

Die sluitingsdatum is Dinsdag 15 Januarie en die wenners word op 16 Januarie in Beeld aangekondig.

Die konsert word aangebied deur JOOX, ’n musiekstroom-app, met die ondersteuning van We Buy Cars, Beeld en Via (Kanaal 147). Dit begin 19:30 en duur tot 23:30.

Volgens die organiseerders is daar ook belangstelling uit Pretoria se studentegemeenskap. Interessante studente-aktiwiteite om die konsert sal binnekort bekend gemaak word.

’n Aanvanklike 1 000 “Early Bird”-kaartjies is gister by Computicket teen R120 elk beskikbaar gestel. (Teen gistermiddag was daar nog beskikbaar). Daarna is kaartjiepryse R195 per persoon.

Vir diegene wat die rugbywedstryd tussen Bulls en Stormers ook wil kyk, is daar “Gig en Game”-kaartjies teen R245 elk.

Kaartjies is slegs by Compu­ticket beskikbaar.

Meer oor:  Alternatief Is Groot  |  Beeld
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.