Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Kersliedjies by kerslig weer ’n groot sukses

Nie eens die aanhoudende reën in die Jakarandastad kon die duisende mense van die tweede konsert van Jacaranda FM en Spar se Carols by Candlelight in Pretoria weghou nie.

Die konsert is noodgedwonge Dinsdagmiddag weens die volgehou reën van Loftus Versveld na die NG kerk Moreletapark verskuif.

Karen Zoid en Joe Niemand sing by die jaarlikse Carols by Candlelight by die NG kerk Moreletapark in Pretoria. Foto: Deaan Vivier

Die sangers Charlize Berg, Elvis Blue, Jo Black, Juanita du Plessis, Karen Zoid, Refentse en Joe Niemand het saam met die Mzansi Youth Choir opgetree.

Jacaranda FM se omroepers het ook die begin van die feestyd gevier en regstreeks van die geleentheid af uitgesaai.

Minisha Patel, bemarkingsbestuurder van Jacaranda FM, sê 6 500 mense het die konsert bygewoon.

Kinders, wat die konsert bygewoon het, sit op die verhoog, waar al die sangers, Refentse, Elvis Blue, Jo Black, Joe Niemand, Charlize Berg, Juanita du Plessis en Karen Zoid op Jacaranda & Spar se Carols by Candlelight in Pretoria saamgesing het. Foto: Deaan Vivier

Meer as 130 kartondose kon met speelgoed gevul word danksy elke konsertganger wat ’n speelding vir ’n behoeftige kind saamgebring het. Die speelgoed sal aan liefdadigheidsorganisasies as Kersgeskenke aan die kinders daar uitgedeel word.

Deur die verkope van kersies en liedjieboekies is altesame R42 748 ook vir Jacaranda FM se Good Morning Angels gedurende die konsert ingesamel.

Charlize Berg. Foto: Deaan Vivier
Van die kinders in die gehoor van Jacaranda FM & Spar se Carols by Candlelight sing saam met Refentse, Charlize Berg, Joe Niemand, Jo Black en Karen Zoid. Foto: Deaan Vivier
Elvis Blue
Joe Niemand. Foto: Deaan Vivier
Refentse. Foto: Deaan Vivier
Juanita du PlessisFoto: Deaan Vivier
Duisende kersliggies in die konsert by die NG kerk Moreletapark in Pretoria. Foto: Deaan Vivier

Meer oor:  Spar  |  Jacaranda Fm  |  Refentse  |  Karen Zoid  |  Elvis Blue  |  Jo Black  |  Charlize Berg  |  Pretoria  |  Liefdadigheid  |  Vermaak  |  Celebs
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.