Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
KFO ekstaties oor eerste lewende uitvoerings ná 7 maande
Gabriele von Dürckheim is die solis in Bach se Orkessuite. Foto: Verskaf

“Dit is só bevredigend om weer voor ’n gehoor te kon speel. ’n Uitvoering gaan tog oor die onmiddellikheid daarvan en as daar iemand is wat luister, is dit net soveel meer stimulerend.”

Petrus Coetzee, die leier van die altviole in die Kaapstadse Filharmoniese Orkes, verwoord so die gevoel van al die orkesspelers wat die afgelope week kamerkonserte in ’n saal in Rondebosch gegee het. Weliswaar voor ’n gehoor van net 30 mense, maar ook hulle was ekstaties oor die eerste lewende uitvoering ná sewe maande van konsertdroogte.

Coetzee sê veral Sjostakowitsj se Kamersimfonie, op. 110b het die gehoor emosioneel gehad.

“Dit maak ’n groot verskil om voor mense te speel teenoor opnames wat sonder die ‘kommunikasie’ met ’n gehoor gedoen word.”

Symphonic Masterpieces in Miniature is ’n konsertreeks van concerto’s wat vir klein ensembles verwerk is. Dit het feitlik al die lede van die KFO die geleentheid gegee om die eerste keer sedert

Petrus Coetzee, altviolisleier in die Kaapstadse Filharmoniese Orkes. Foto: Verskaf

die begin van die staat van inperking weer voor ’n gehoor op te tree.

Al die uitvoerings is egter vir stroming opgeneem sodat die res van die getroue KFO-gehoor en ander musiekliefhebbers ook in die vreugde kan deel.

Shirley Gueller, bemarkingstrateeg van die KFO, sê die verwerkte concerto’s is vir die orkesspelers nogal ’n uitdaging. “Veral die strykers ken die musiek goed, maar vir die miniatuurformaat is die musiek verander. Die eerste violis moet in dié geval dalk die fluitdeel speel en die tjellis die hobo- of trompetdeel.

“Dit verg konsentrasie en daarby is nie al die orkeslede gereelde kamermusiekspelers nie. Dit is ook ’n aanpassing, tog het sommige van die spelers besonder goed gevaar.”

Die optredes is gedoen met die nodige afstand tussen mekaar en die dra van maskers. Al die musici het met hul KFO-maskers die verhoog betree, waarna die blasers hul maskers kon afhaal.

Die 14-jarige Mike Wang het Beethoven se Klavierconcerto nr. 2 saam met ’n strykkwintet gespeel. Foto: Verskaf

Die verskillende uitvoerings word elke Donderdag in November beskikbaar gestel en kan nog vir vier dae daarna gestroom word.

Bespreek by Quicket teen R100 per konsert of R320 vir al vier die konserte.

Die programme is soos volg:

5 tot 9 November

Mozart – Serenata Notturna K239

Mozart – Simfonie nr. 40, K550 vir blaaskwintet

Sjostakowitsj – Kamersimfonie, op. 110b

12 tot 16 November

Mozart – Die Zauberflöte-ouverture vir koperblaaskwintet

Beethoven – Klavierconcerto nr. 2 met Qden Blaauw (klavier) en strykkwintet

Beethoven – Klavierconcerto nr. 1 met Mike Wang (klavier) en strykkwintet

19 tot 23 November

Bach – Orchestersuite nr. 2 in B mineur met Gabriele von Dürckheim (fluit) en strykkwintet

Elgar – Cello Concerto met Peter Martens (tjello) en strykkwintet

Beethoven – Simfonie nr. 2 verwerk deur Beethoven self vir klaviertrio: Albie van Schalkwyk (klavier), Suzanne Martens (viool) en Eddie McLean (tjello)

26 – 30 November

Mozart – Klarinetconcerto met Féroll-Jon Davids (klarinet) en strykkwintet

Brahms – Klavierkwartet, op. 25 in G mineur met Nina Schumann (klavier)

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.