Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
KFO, santoorspeler betower met Indiese musiek
Die santoorspeler Rahul Sharma wat volgende maand saam met die Kaapstadse Filharmoniese Orkes in die Kunstekaap optree.

Die Kaapstadse Filharmoniese Orkes (KFO) sal weer eens sy leuse as “ ’n orkes vir alle seisoene” gestand doen wanneer hy saam met ’n santoorspeler van Indië optree.

’n Santoor, soortgelyk aan ’n harmonium, is ’n tradisionele Indiese musiekinstrument met 100 snare. Dit word horisontaal op die speler se skoot geplaas en die snare word met ligte houtslaners aan die kunstenaar se vingers bespeel.

Rahul Sharma, wat saam met sy pa dié tradisionele Indiese instrument na die wêreldverhoog geneem het, het self die werke op die program vir santoor en orkes verwerk. Dit sluit klassieke Indiese musiek, folk- en ligte klassieke musiek in.

Sharma sê hy het al met baie kunstenaars oor die wêreld heen saamgewerk, maar ’n uitvoering met ’n orkes is vir hom ’n eerste.

Die Grammy-wenner Deep Forest, pianis Richard Clayderman en jazzmeester Kenny G was al van sy medemusici. Sharma het ook die rockgenre met sy santoor beproef en ’n prys vir sy instrumentale Hindoemusiek ontvang.

Daar is geen genre waarvoor hy terugdeins nie, ook nie ’n rolprentklankbaan nie. Op die Bollywood-musiekpryse-seremonie in 2002 is hy as die beste debuutmusiekregisseur vir die Hindoefliek Mujhse Dosti Karoge bekroon.

Sharma het ook verskeie CD’s opgeneem, waarvan sommige saam met sy pa, Pandit Sharma, wat sy seun vanaf sy 13de jaar in die kuns van santoormusiek onderrig het.

Louis Heyneman, uitvoerende hoof van die KFO, sê hy sien uit na die orkes se tweede uitvoering van Indiese musiek. Die eerste was Symphony of Ghazal en die komende is Symphony of Santoor.

Brandon Phillips is die dirigent.

  • 21 Februarie om 20:30 in Artscape se operahuis. Die kaartjies kos van R200 tot R600 by Computicket.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.