Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
KFO-skouspel bied weer bruisende plesier
’n Vrolike einde tot ’n vrolike skouspel. Die CPO Spectacular word vanjaar weer in die Kunstekaap gehou.

Die skouspel wat die Kaapstadse Filharmoniese Orkes (KFO) en Aviva Pelham die afgelope drie jaar met opkomende sterre op die planke gebring het, was een van bruisende plesier en verbluffende talent. As jy dit nog nie gesien het, maak seker jy bespreek jou plek vir vanjaar se CPO Spectacular.

Ervare musiekkunstenaars tree saam met jongelinge op in liedjies van die Beatles en Abba tot Queen, asook instrumentale nommers.

Die geliefde Kaapse sopraan Lynelle Kenned, sanger Jarrad Ricketts, saxofoonspeler Don Vino en die Township Opera is die professionele musici.

Die nuwelinge is die danspaar Oleksiien Michele, die sanggroep Asili en die neuriesangers Tracey-Lee Oliver en Madeegha Anders.

Dit mag klink of die Zip Zap-sirkus se akrobate uit plek is in die musiekvertoning, maar hulle was die vorige kere so verstommend dat hulle eenvoudig deel van die vierde aanbieding moes wees.

Ons het met die vorige drie optredes gewys hoe kulturele doelpale van suiwer simfonie na meervoudige funksionaliteit geskuif kan word en ’n meer inklusiewe gehoor kan bereik deur genres van rock en pop, opera, ballet en musiekspele te lewer.
Louis Heyneman, KFO-hoof

Die komediant Alan Committie is die seremoniemeester en Faheem Bardien ontwerp die beligting.

Op die program is simfoniese weergawes van ikoniese liedere van die afgelope dekades, terwyl die Zip Zap-goëlaars en akrobate hul toertjies op die maat van Rossini se operamusiek en Khatsjatoerjan se komposisies sal uitvoer.

Die Township Opera-ensemble sal “Circle of Life” en “Back of the Moon” sing, waarna Kenned en Ricketts vir een van die hoogtepunte op die verhoog sal verskyn – Freddie Mercury se “Barcelona” waarmee die twee Kapenaars Mercury en Montserrat Caballé se weergawe sal nadoen.

Louis Heyneman, die uitvoerende hoof van die KFO, sê die toonvenster vir jong opkomende kunstenaars saam met ’n simfonieorkes is ’n wenresep wat voortgesit moet word.

“Ons het met die vorige drie optredes gewys hoe kulturele doelpale van suiwer simfonie na meervoudige funksionaliteit geskuif kan word en ’n meer inklusiewe gehoor kan bereik deur genres van rock en pop, opera, ballet en musiekspele te lewer.”

Die Kaapstadse Kamer van Koophandel het vanjaar ingestem om die skouspel moontlik te maak nadat hulle besef het hoe belangrik dit is om ’n platform vir die stad se uitsonderlike kunstenaars te bied en dat ’n simfonieorkes ’n kardinale bate vir enige stad is, te meer ’n toeristestad soos Kaapstad.

  • CPO Spectacular: 20 Oktober om 17:00 in die Kunstekaap-operahuis. Die kaartjies kos van R150 tot R250 by Computicket en Dial-A-Seat by 021 421 7695.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.