Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
‘Killing Me Softly’ se liriekskrywer oorlede
Norman Gimbel
Norman Gimbel Foto: WireImage

Die Oscar- en Grammy-bekroonde liriekskrywer Norman Gimbel se dood op 19 Desember is Saterdag bekend gemaak.

Gimbel, skrywer van onder meer Killing Me Softly With His Song en Happy Days, is in 1984 in die liedskrywers se Hall of Fame ingesluit, berig SkyNews.

Hy en die komponis Charles Fox is in 1973 met ’n Grammy vereer vir Killing Me Softly, berig die BBC.

Hy is ook in 1979 met die Oscar vereer vir sy lied It Goes Like It Goes, wat hy saam met die komponis David Shire vir die rolprent Norma Rae geskryf het.

Ander liedjies uit Gimbel se pen sluit in Sway, Canadian Sunset, Summer Samba, The Girl from Ipanema, Meditation en I Will Wait for You.

Gimbel was 91 jaar oud.



Meer oor:  Oscar
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.