Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
KISS kom groet hul 'Army' in SA
Die Amerikaanse rockgroep KISS kom maak een laaste draai in Suid-Afrika. Foto: Jen Rosenstein

Die Amerikaanse rockgroep KISS gaan in 2020 een laaste draai in Suid-Afrika kom maak.

Die groep, wat in 1973 gestig is, het verlede jaar aangekondig hulle gaan ná 45 jaar die tuig neerlê en dat hulle die einde van ’n roemryke én omstrede loopbaan met ’n vaarweltoer, End of the Road World Tour, gaan vier.

Hoewel Suid-Afrika aanvanklik nie op hul toerskedule ingesluit is nie, is ’n enkele konsert op 25 Julie 2020 in die Ticketpro Dome in Johannesburg pas bekend gemaak.

Die groep – wat tans bestaan uit Paul Stanley (sang en ritmiese kitaar), Gene Simmons (sang en baskitaar), Tommy Thayer (sang en kitaar) en Eric Singer (tromme, klavier en kitaar) – het in ’n mediaverklaring gesê hulle bied die konsert vir die KISS Army, die versamelnaam vir al hul aanhangers, aan wat hulle oor die dekades heen ondersteun het.

“Alles wat ons vermag het en alles wat ons oor die afgelope vier dekades bereik het, kon nooit gebeur het sonder die miljoene mense wêreldwyd wat die afgelope paar jaar klubs, arenas en stadions volgepak het nie.

“Dít (die toer) sal die laaste viering wees vir dié wat ons reeds gesien het en sal ook die laaste kans wees vir dié wat nog nie het nie.

“KISS Army, ons gaan julle tydens ons vaarweltoer groet met ons grootste vertoning tot nog toe, en ons sal vertrek net soos ons gearriveer het . . . onberouvol en onstuitbaar.”

Die groep het reeds meer as 100 miljoen albums verkoop, en is in 2014 in die Rock and Roll-heldesaal in Cleveland, in die Amerikaanse deelstaat Ohio, ingelyf.

Hul vaarweltoer het vroeër vanjaar in Kanada begin en sal ’n draai maak op ses kontinente voordat dit in 2021 in New York sal eindig.

  • KISS se konsert in Suid-Afrika word op 25 Julie 2020 in die Ticketpro Dome in Johannesburg aangebied. Kaartjiepryse begin by R800 en sal vanaf 22 November om 09:00 te koop wees. Discovery Card-houers sal egter reeds op 20 November om 09:00 kaartjies kan koop. Besoek www.bigconcerts.co.za en https://www.discovery.co.za/credit-card/big-concerts vir meer inligting.
Meer oor:  Rock  |  Musiek  |  Gene Simmons  |  Eric Singer  |  Kiss  |  Tommy Thayer  |  Paul Stanley
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.