Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Kitaarspeler van Four Jacks and a Jill dood aan Covid-19

John B. Ferrier (62), hoofkitaarspeler van die groep Four Jacks and Jill, is Dinsdag aan Covid-19 dood.

Volgens Clive Harding, stigter van die groep, het Ferrier sy lewe lank aan asma gely.

John B. Ferrier
John B. Ferrier

“Hy het ook met hoë bloeddruk gesukkel en diabetes gehad. Die ambulans kon hom nie Dinsdag hospitaal toe neem nie, want daar was nie suurstof nie. Ek het hom sowat ’n week voor sy dood die laaste keer gesien.”

Four Jacks and a Jill het in die 1960’s met Glenys Lynne as hoofsanger ontstaan. Harding en Lynne is getroud.

“John het in hom 1979 – twee weke voor sy 21ste verjaardag – by ons aangesluit,” sê Harding.

“Hy wou dit saam met sy familie in Natal gaan vier. Ek het vir hom ’n kasset met ons materiaal gegee en gesê hy moet dit leer. Ek het gesê as hy terugkom en hy kan alles speel, is die job syne. En hy kon.

“Hy was ’n integrale deel van die groep. Hy was veelsydig – ’n besonderse klankingenieur en finale menger. En beslis ’n goeie musikant.”

Ferrier was twee keer getroud en word oorleef deur sy vrou en vier kinders.

Meer oor:  Johannesburg
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.