Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Klanke van Queen binnekort in Kunstekaap
Joseph Clark

Joseph Clark: The Music of Queen is op pad na Kaapstad vir vyf vertonings wat in Julie in Kunstekaap aangebied gaan word.

Joseph Clark, gebore en getoë in Texas, word as die wêreld se voorste verhoogkunstenaar geag wat musiek van die ikoniese Britse rockgroep Queen sing.

Clark het destyds sy balletloopbaan in Amerika gestaak om hoofrolle te dans in Suid-Afrikaanse produksies van Swan Lake en Romeo & Juliet, het hy ook al by Nelson Mandela se 85ste verjaarsdagete gesing.

Hy was onlangs te sien as Riff/Bernardo in West Side Story, Judas in  Jesus Christ Superstar en die verteller in Joseph and the Amazing Technicolor Dreamcoat.

Hy toer van 2011 internasionaal en het al vir meer as 30 000 Queen-aanhangers in die Nederlandse GelreDome-stadion in Arnhem gesing. Daarna het die Europese teater- en buitelugkonserttoer tot November 2017 gevolg.

Bekende liedjies soos “We Will Rock You”, “Another One Bites the Dust”, “We Are the Champions”, “I Want To Break Free” en “Bohemian Rhapsody” sal opgevoer word.

Ander musikante soos Axe Lourens, Richard Brokensha, Kyle Petersen, Shaun Johannes en Peach van Pletzen is deel van dié musiekgedrewe produksie.

Die konsert van sowat twee uur is van 11 tot 15 Julie om 20:00 by die Kunstekaap te sien. Kaartjies kos tussen R150 en R250. Besprekings kan by Computicket gedoen word.

Meer oor:  Kunstekaap  |  Musiek  |  Teater  |  Queen
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.