Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Klarinetmusiek soos nog nooit in SA gehoor nie
Marco Mazzini
Zhen Sun

’n Fees van klarinetmusiek soos nog nooit in Suid-Afrika gehoor is nie, word van vandag tot Saterdag in die Odeion-teater in Bloemfontein aangebied.

  • Dit word boonop uitgevoer deur internasionale meesters, asook die room van die plaaslike klarinetspelers wat vir die Internasionale Klarinet-extravaganza in die Rosestad saamgetrek is. En alles is gratis, behalwe die slotkonsert Saterdagaand saam met die Vrystaatse Simfonieorkes (VSO. Dié toegang is R50. Vandag om 16:00 tree Becky Steltzner, hoof van houtblaas- en kamermusiek aan die Universiteit van Kaapstad (UK), saam met die pianis José Dias op. Steltzner is ’n gebore Amerikaner wat ’n PhD aan die UK behaal het en aktief is in orkes-, kamer- en ligtemusiek-optredes in Kaapstad. ) Vandag om 18:30 tree verskeie spelers op met die Belgiese virtuoos Eddy Vanoosthuyse se uitvoering van Keith Moss se Concertino vir klarinet en orkes die hoogtepunt. Moss het die werk in opdrag van die OSM Camerata geskryf saam met wie Van­oosthuyse die première uitvoer.
  • Moss beskryf die musiek as toeganklik maar met tegniese uitdagings vir die solis. Die werk begin met ’n wals wat die klarinet se melodiese spektrum vertoon en in die tweede deel kom die instrument se melancholiese karakter aan die bod. ’n Virtuose derde deel sluit die werk af. Die uitblinkers in die week se meesterklasse tree ook op. Vrydag om 12:30 voer die Kaapse klarinetspeler Justin Carter Suid-Afrikaanse werke van Peter Klatzow en Hendrik Hofmeyr uit.
  • Om 18:00 kan die klarinet in ensemble-verband gehoor word wanneer Danré Strydom, houtblaashoof aan die OSM, saam met die Odeion-strykkwartet en pianis Cézarre Strydom werke van Prokofiëf, Mozart, Fuentes en ander uitvoer. Die week sluit Saterdag om 19:30 feestelik af met die topsoliste Zhen Sun van China, Marco Mazzini van Peru, Severine Sierens van België, asook Danré Strydom en Steltzner. Van die mooiste klarinetmusiek word met die VSO onder leiding van Alex Fokkens uitgevoer.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.