Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Klavierkonsert voor régte gehoor in Kaapstad
Die Stellenbosse pianis Luis Magalhães tree Donderdag in ’n regstreekse konsert in die Kaapstadse stadsaal op. Foto: Facebook

’n Gehoor gaan vir die eerste keer sedert Maart verlede jaar by ’n uitvoering van die Kaapstadse Filharmoniese Orkes (KFO) in die Kaapstadse stadsaal toegelaat word.

Boonop sal daar op 27 Mei twéé geleenthede wees om na Tsjaikofski se Klavierconcerto nr. 1 en Brahms se Simfonie nr. 3 te luister.

Shirley Gueller, bemarkingshoof van die KFO, sê mense kan Donderdag om 13:00 na die kleedrepetisie luister en om 18:00 die opname bywoon. Gehore word uiteraard volgens Covid-19-maatreëls beperk.

Dié konsert is die eerste in die Winter Cyber Series wat volgende maand virtueel beskikbaar gestel word. Die Stellenbosse pianis Luis Magalhães is die solis en Jeremy Silver, direkteur van die Universiteit Kaapstad se operaskool, sal op die dirigeerpodium wees.

Of ’n derde vlaag Covid-19 ’n stokkie voor lewende gehore vir die res van die uitvoerings in die winterreeks sal steek, is onseker, maar as maatreëls nie verskerp word nie, kan Kaapse musiekliefhebbers daarna uitsien om na nog twee van die land se beste pianiste in die Kaapstadse stadsaal te luister.

Op 10 Junie sal Megan-Geoffrey Prins Beethoven se Klavierconcerto nr. 3 speel en op 30 Junie sal Francois du Toit vir Brahms se Klavierconcerto nr. 1 voor die stadsaal se vleuel inskuif. Bernhard Gueller sal dié twee konserte dirigeer.

Mozart se Simfonie nr. 40 is ook op die program vir 10 Junie en Beethoven se Simfonie nr. 4 kan saam met die Du Toit-uitvoering op 30 Junie gehoor word.

Soos vandeesweek word beperkte gehore ook toegelaat by dié twee winterkonserte se kleedrepetisies om 13:00 en die opnames om 18:00.

Die KFO se Autumn Cyber Series is terselfdertyd virtueel te sien. Van 27 tot 31 Mei is Nina Schumann aan die beurt met Rachmaninoff se uiters gewilde Klavierconcerto nr. 2. Tsjaikofski se Simfonie nr. 2 in C mineur, op. 17 is ook op dié program onder leiding van Bernhard Gueller.

Van 3 tot 7 Junie word die herfsreeks afgesluit met Brahms se Variationen op ’n tema van Josef Haydn, op. 56a en Dvorak se Simfonie nr. 7, weer met Gueller as dirigent.

• Die kaartjies vir die regstreekse en gestroomde konserte is op Quicket beskikbaar. Covid-19-maatreëls geld vir die lewende gehore. Onthou dus jou masker en daag vroeg op sodat die nodige vereistes afgehandel kan word voordat die uitvoering begin.

Meer oor:  Musiek  |  Kfo  |  Kaapstad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.