Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Klavierwerke uit alle oorde by dié fees te hoor

’n Rondreisende klaviermusiekfees wat in Frankryk op die been gebring is, vier sy tiende verjaardag in Kaapstad en omgewing. Dit, nadat Julien Kurtz, die stigter van Les Amateurs Virtuoses(Die virtuose amateurs) verneem het van “die hoë standaard van klassieke musiek in Suid-Afrika”.

Volgens Kurtz, ’n bekwame amateurpianis wat hom op klassieke musiek toelê, bied die fees ’n verhoog vir “van die wêreld se beste amateur- en professionele pianiste” en sal 24 pianiste van tien lande in November in Kaapstad gehoor word. Meesterklasse is ook deel van die fees.

Die Kaapse pianis Francois du Toit. Foto: Brendan Cockcroft

Die slotkonsert van die weeklange fees beloof om ’n hoogtepunt te wees – ses pianiste sal bewegings uit vyf klavierconcerto’s saam met die Kaapstadse Filharmoniese Orkes (KFO) speel. Daniel Boico sal op die dirigeerpodium wees.

Kurtz sal die eerste beweging van Chopin se Klavierconcerto nr. 1 uitvoer; June Wu van die VSA speel die eerste beweging van Tsjaikofski se Klavierconcerto nr. 1; Xavier Aymonod van Frankryk voer Prokofiëf se Klavierconcerto nr. 1 uit; nog ’n Franse pianis, Thierry Goldwaser, is aan die beurt met Gershwin se bekende Rhapsody in Blue; vir Poulenc se Concerto vir twee klaviere sal Thomas Yu van Kanada en Bernard Linde, ’n dokter van Stellenbosch, die duo vorm.

Die konsert is op 18 November in die Kaapstadse stadsaal.

Kurtz sonder Saint-Saëns se Carnaval des Animaux (Karnaval van die diere) vir vier hande met Francois du Toit en Thomas Yu as ’n spesiale geleentheid uit. Dit vind op 17 November in die Guga S’thebe-kultuursentrum in Langa plaas. 40 jong violiste van die Muzukidz-organisasie sal ook kans kry om hul slag te wys.

Julien Kurtz, die stigter van Les Amateurs Virtuoses, wat ’n fees van klaviermusiek asook meesterklasse in Kaapstadaanbied.

Jan Hugo, die Suid-Afrikaans gebore pianis wat in Frankryk woon, sal op 11 November ’n meesterklas in die Endlersaal in Stellenbosch aanbied. Op 12 asook 14 tot 18 November sal Albie van Schalkwyk, Phillip Fowke en Jan Gottlieb die meesterklasse in die Baxter-konsertsaal in Rondebosch voortsit. Al die klasse begin om 10:00.

Die volledige konsertprogram lyk so:

* 10 November om 19:30, Baxter: Openingskonsert met onder meer Skilderye op ’n uitstalling van Moessorgski en die Muzukidz-violiste.
* 11 November om 16:30, Endler: Dale Backus, Matthias Fischer en Johannes Gaechter speel werke van Bach, Moessorgski, Mozart en Rachmaninoff.
* 12 November om 19:30, Baxter: Patrick McDonald, Lana Levin en Svyatoslav Levin speel Bach, Haydn, Chopin, Mendelssohn en ’n jazzwerk vir twee klaviere van Dave Brubeck.
* 13 November om 19:30, Baxter: Olivier Dupont, Christophe Strassel, Ethan Lawson en Julien Lombardo speel Prokofiëf, Brahms en Milhaud se Scaramouche vir twee klaviere.
* 14 November om 19:30, Baxter: Geoffroy Vauthier,

Mikhail Dubov, Polina Rendak speel Brahms, Debussy, Chopin, Medtner, Profkofiëf en Sjostakowitsj.
* 15 November om 19:30, Baxter: Henri Delbeau, Jay Gottlieb en Kurtz speel Schumann, Mozart en Gershwin.

* 16 November om 19:30, Baxter: Matthias Fischer,

Johannes Gaechter en Christophe Strassel speel Brahms, Debussy, Ravel, Rachmaninoff en Chopin.
* 17 November om 14:00, Guga S’Thebe, Langa: Muzukids-violiste en François du Toit en Thomas Yu met Saint-Saëns.
* 18 November om 18:00, Kaapstadse stadsaal: Slotkonsert. Klavierconcerto’s met die KFO.

* Bespreek by Computicket of Artscape Dial-A-Seat by 021 421 7695.

Besoek https://www.pianestival.org vir meer agtergrond oor Les Amateurs Virtuoses.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.